web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Lamskenkelbredie en oondgebakte brood – Op pad met my potjie

Nuus05 Desember 2025
Hier is hoe jy self dié heerlike maaltyd kan voorberei!
Op pad met my potjie

Bestanddele:

Lamskenkelbredie
2 Groot Lamskenkels (In kleiner stukkies gesny)
Sout
Gemaalde wit peper
1 eetl. Koljander
4 Groot Wortels
3 Knoffelhuisies, fyngekap
2 eetl. Robertsons Barbeque spice
100 ml Blatjang
50 ml Tamatiesous
100 ml Worcestersous
2 eetl. Knorr Sampioen soppoeier
250 g Groenbone
1 kg Klein aartappeltjies
100 ml Sonneblomolie

Oondgebakte brood
2 kg Witmeel
1/2 Pakkie kitsgis
1 teel. sout
5 eetl. Wit suiker
1 Koppie louwarm water

 

Metode:

Begin met die lamskenkels:
Steek die vuur aan en voeg water by jou pot. Wanneer die water kook, voeg die lamskenkels by. Roer 1 teelepel sout, 1 teelepel koljander, 1 teelepel witpeper en 1 teelepel BBQ-speserye in. Meng goed. Laat die lamskenkels kook terwyl jy die brooddeeg en groente voorberei.


Maak die brooddeeg:
Meng in ’n groot bak 3 koppies meel, 1/2 teelepel sout, 1/2 pakkie kitsgis en 5 eetlepels wit suiker. Meng die droë bestanddele goed deur. Voeg stadig 1 koppie lou warm water by terwyl jy die deeg knie. Gebruik sonneblomolie om te keer dat die deeg aan jou hande en bak vassit. Knie totdat jy ’n gladde, elastiese deeg het. Voeg meer louwarm water by indien nodig. Wanneer die deeg reg is, bedek dit met kleefplastiek en plaas in ’n warm, droë plek om 15–20 minute te rys.


Berei die Groente Voor:
Terwyl die deeg rys, berei die groente vir die bredie. en kap die wortels in growwe stukke. Sny die punte van die groenbone af en sny dit kleiner. Skil en sny die uie, en spoel dit daarna af. Voeg al die groente by die pot met die lamskenkels. Roer en voeg meer water by indien nodig om die bestanddele te bedek. Kook totdat die wortels en aartappels sag is.


Bak die brood:
Wanneer die deeg klaar gerys het, smeer jou broodpan met ’n bietjie sonneblomolie. Knie die deeg weer, verdeel dit in mediumgrootte bolletjies en pak dit in die gesmeerde pan. Laat dit weer vir 15–20 minute rys. Terwyl dit rys, kyk dat die bredie mooi kook. Bak die brood in die pot (of oond) vir 15–20 minute of totdat dit goudbruin bo-op is.


Maak die lamsbredie klaar:
Wanneer die groente gaar is, roer 1 teelepel fyngedrukte knoffel, 2 eetlepels blatjang, 2 eetlepels tamatiesous en 2 teelepels Worcestersous by. Meng 1 eetlepel sampioen soppoeier met 1/2 koppie water, roer tot opgelos en voeg by die pot. Roer goed. Plaas die deksel op en kook vir nog 2 minute sodat die geure goed kan meng.


Bedien:
Wanneer die brood goudbruin en gaar is, haal dit uit die pan. Bedien die lamskenkelbredie saam met die vars, warm brood vir ’n heerlike, vullende maaltyd.


Geniet jou smaaklike lamskenkelbredie met sagte, warm tuisgemaakte brood!