web uni tv guide
web uni tv guide

Suidooster

144Sepie13

Kyk Suidooster en wen ’n Suzuki Swift!

Nuus05 Desember 2025
Ja, reg gelees! Maak seker jy kyk Suidooster in Desember en jy kan dalk met ’n blinknuwe spoggerige Suzuki Swift wegry.
suidooster

Ter viering van Suidooster se tiende verjaarsdag vat dié kykNET-sepie hande met Suzuki Suid-Afrika om ’n gelukkige kyker agter die stuurwiel van ’n Swift GL+ (handrat) ter waarde van R249 900 te laat inskuif.

Dié kompetisie skop op Vrydag 5 Desember af. Kykers gaan Suidooster se storielyne moet volg en byhou met dié Suzuki Swift se kenmerke om te kan inskryf. 

So werk dit:

·       Die kompetisie word op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv aangebied. (Bepalings en voorwaardes geld). 

·       Vanaf Vrydag 5 Desember gaan daar elke Vrydag na 18:30 tot 26 Desember weekliks twee vrae aan kykers gestel word – dit sal op kykNET se webtuiste verskyn. Een vraag sal handel oor ’n storielyn wat daardie week gebeur het, en die ander vraag oor ’n kenmerk van die Swift. 

·       Kykers moet elke week die korrekte antwoorde kies en al agt vrae korrek op kykNET se webtuiste beantwoord om in aanmerking vir die prys te kom. 

·       Die kompetisie sluit om middernag op 31 Desember en die wenner sal teen 30 Januarie 2026 op kykNET se webtuiste aangekondig word.

·       Kyk kykNET of kykNET & kie vir meer inligting, of besoek kykNET se Facebookblad. 

Net soos Suidooster ’n uiters gewilde keuse onder Suid-Afrikaanse sepiekykers is, is die Suzuki Swift een van die land se topkeuses vir motorkopers. 

Die Swift GL+ het ’n 1,2-liter petrolenjin wat goeie brandstofverbruik lewer. En die belangrikste is dat dit werklik ’n baie veilig ryding is wat oor verskeie veiligheidskenmerke beskik. 

Die Swift kom ook met vyf jaar/20 000 km-waarborg plus ’n drie jaar/60 000 km-diensplan.

Suidooster, wat vanjaar sy tiende verjaarsdag vier, word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145), uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax