Die vroue wat verlede week bietjie meer tyd saam met die boere in Kaapstad deurgebring het, het een doel voor oë gehad – en dít was om plaas toe genooi te word. Hoewel dinge ietwat anders vir Johannes uitgedraai het, is al vyf boere opgewonde om die vroue hierdie week op hul plase te verwelkom.
Eerste aan die beurt is ’n senuweeagtige Arno. Dié boer het sommer self geskenke vir die meisies uitgekies, en die kamers is behoorlik opgedollie.
Hy sien uit om “almal se ware kleure te sien en te sien wat rêrig in hulle harte aangaan.”
Die vroue wat vandag by hom aansluit is Jacobu, ’n onderwysstudent van Riversdal, Jenny, ’n sielkundestudent van George, en Mareli, ’n honneursstudent in kinderkinetika van Wesselsbron.
Arno besluit hy gaan sy gaste soengroet, “laat ons sommer nou al kyk wie soen die lekkerste.”
Die vroue is egter effens onkant gevang. “Ek het meer wange gesoen as wat ek lippe gesoen het,” lag die boer.
Jacobu sê sy kan nie op TV sê Arno soen lekker nie: “My ma kyk dit!”
Om die etenstafel gesels hulle oor die boer se plaas. Dis mooi, maar dis ’n “anderste” mooi, meen Jacobu – iets wat die boer dink beteken dis eintlik glad nie mooi nie.
Arno laat nie op hom wag nie – hy sien uit om die drie vroue bietjie rond te wys, en bang daar is te min tyd. “Ek dink ons almal het dit ewe veel geniet,” sê Jenny.
Kyk hier na die hoogtepunt-video.
Hulle is daar vir die regte redes, meen die boer.
Hennie is ’n warm boerehart in die koue Karoo. Sy meisies kom van heinde en ver, sê Minki. “Ek sê mos: Ek sorg dat my skoonouers ver weg bly van my af,” spot Hennie.
Elizbé, van Somerset-Oos, is ’n skoonheidsterapeut. Marléne kom van Vryheid en bedryf haar eie dekor- en geskenkwinkel. Chantelle, van Kempton Park, is ’n onderwysstudent.
In die Karoo word daar ook ge-soengroet. “Toe soen ek maar terug!” sê Elizbé.
Die boer toets die vroue in die kombuis, wanneer hy hulle laat dink hulle gaan afval vir middagete eet. “Challenge accepted,” sê Chantelle.
Die man in haar lewe moet ’n goeie sin vir humor hê, sê Elizbé.
Marléne dink sy sal op die plaas kan aanpas, maar wil nog meer van Hennie sien.
Kyk hier na die hoogtepunt-video.
Hulle almal kuier dalk lekker saam, maar is op die ou einde hier om Hennie se hart te wen, sê Chantelle. “Jy moet jouself bly, want wie anders wil jy wees?”
Rob is nog nie op sy senuwees nie, maar voor hy weet is Elizna (’n dosent van Kimberley), Maureen (’n sjef van Bloubergstrand) en Estelle (’n binneversierder van Struisbaai) op sy voorstoep.
Maureen se hartsnare word geroer wanneer sy vir Rob langs sy honde sien staan.
Volgens die “sterre” is sy en Rob goeie pasmaats, lag Elizna.
Die boer en vroue kies koers na Knysna, waar ’n prettige bootrit op hulle wag. “Die dag raak net beter en beter,” sê Maureen, nadat ’n klomp dolfyne langs hul boot kom swem.
Sy is op daardie stadium wat sy kan “armpies oopsprei en val,” sê Estelle.
Kyk hier na die hoogtepunt-video.
Hy probeer “vergeet” dat daar drie vroue rondom hom is vir hóm, sê Rob, sodat hy nie ongemaklik hoef te voel nie.
Johannes hoop dat Marga (’n onderwyseres in Pretoria) en Danielle (’n honneursstudent in sielkunde) van sy plaas sal hou. Wat sal hulle dan nou níé van hou nie? wil Minki weet.
Hy is nou op sy plek, in sy gemaksone, en meen die vroue gaan ’n ander kant van hom op die plaas sien.
Hulle “net so goed of beter” as wat hy onthou, sê Johannes.
Kort voor lank klap die skote en Johannes gee die meisies ook elk ’n beurt om na die teikens te mik. “Hy het ’n paar gemis,” sê Danielle.
Later is hulle in die wingerd doenig. “Hulle is maar hardkoppig,” sê Johannes. “Ons gaan baie druiwe hê vanjaar,” spot hy.
“Sover was alles nog net lekker,” sê Marga. “Ek het vandag baie geniet.”
Kyk hier na die hoogtepunt-video.
Danielle sê sy het “sonder verwagting” plaas toe gekom, maar dink dis ’n mooi omgewing en sien Johannes se moeite raak. “Ek weet nog nie rêrig hoe ek oor hom voel nie.”
By Leon-Fritz is alles eksie-perfeksie, en staan die boer gereed om die vroue op die plaas te ontvang. “Reg soos reën,” sê die boer.
Hy het sommer vooraf besluit wie slaap waar, en Chanté (’n onderwysstudent van Ellisras) kry haar eie kamer. “Dis ’n verdere jammer-sê-poging,” sê die boer, wat verlede week haar naam verkeerd uitgespreek het. Marna (’n veeartsenystudent van die Vrystaat) en Tanya (’n regstudent van Mpumalanga) deel ’n kamer.
Marna en Tanya is so sportief, sê Chanté, so sy sal nou maar die “snaakse, kunstige een” wees.
’n Braai in die veld is die eerste aktiwiteit van die dag, waarna die vroue met Leon-Fritz se beeste te doen kry. “Mens moenie met sy beeste mors nie,” sê Marna.
Sy kan baie mooi sê wanneer ’n aartappel uitgehaal moet word, maar wanneer dit kom by beeste “het sy baie om te leer,” sê Chanté.
Dis vir haar mooi om te sien hoe hy met sy diere werk, sê Tanya.
Kyk hier na die hoogtepunt-video.
Later speel hulle 30 Seconds. “Ek het nou amper my naam gat gemaak,” sê Leon-Fritz. Hy sien uit om te sien watter eienskappe werklik uitstaan soos wat die tyd verloop.
Watter van die vroue dink die boere gaan die beste op die plaas aanpas? Ons vind uit:
Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!
Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.
Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.