web uni tv guide
web uni tv guide

Appels En Tee

144Drama13 L

'Appels en tee' se temalied word vrygestel

Nuus03 Desember 2025
Die dramareeks Appels en tee, wat op Dinsdagaande op kykNET uitsaai, se temalied is maar net een van die elemente wat dié reeks so gewild by kykers maak.
Appels en Tee

Die goeie nuus is dat die liedjie van Woensdag 3 Desember op stromingsplatforms vrygestel word. 

Die lied, wat deur Tasché gesing, en deur haar en Janine Neethling geskryf is, vang die essensie van die reeks vas met ‘n oorwurm-melodie en roerende lirieke soos “die maan hou wag oor ons drome, ek onthou nog die skadu’s tussen ons”. Die reeks gaan immers oor twee vriendinne wat 27 jaar ná hul tienervriendskap weer die drade probeer optel. 

Janine, wat ook vir die klankbaan van die reeks verantwoordelik was, sê die liedjie het vinnig vorm gekry. 

“Tasché het ingekom met ’n eerste vers en toe het die liedjie soos ’n warrelwind mini- ontploffing gebeur. Vyf-en-veertig minute van intense opwinding heen en weer en toe, boem! Daar’s die song! Toe het ons met die honde gaan speel. Letterlik. Net so.”

Tasché onthou dit ook so. 

“Ek was nogal verbaas oor hoe vinnig die song uiteindelik geskep is, maar as die produk – in hierdie geval die dramareeks - waarvoor jy skryf so mooi is, dan behoort dinge juis maklik te gaan. Appels en tee is so mooi. Die storie is eenvoudig, maar die karakters is kompleks. Ek en Janine het net dadelik gekliek! Ek het ’n idee van ’n melodie in my agterkop gehad, en toe ons face to face ontmoet, het dinge net in plek geval. Dit gebeur nie baie nie, but if it happens it’s just freaking awesome!”

  • Appels en Tee, die temalied, is op alle gewilde stromingdienste soos Apple Music en Spotify beskikaar om afgelaai te word. 
  • Appels en tee is op Dinsdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.