web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

#DieBrug_Melissa

Melissa

Melissa Klein (37) – Begrotingsbestuurder van Pretoria, Gauteng

Melissa Klein is ’n dinamiese vrou met ’n sagte hart en ’n sterk ruggraat. Sy is ’n getroude ma van twee seuns en voel geroepe om ander te ondersteun en op te bou. Haar lewe getuig van deursettingsvermoë, geloof en ’n vurige passie om van diens te wees. Sy is ’n begrotingsbestuurder in die Departement van Verdediging by die 2de Seinregiment, maar haar invloed strek veel verder – as stigter van ’n gemeenskapsorganisasie, mentor vir jong vroue en ’n stem van hoop op sosiale media. Sy is grootgemaak in ’n huis waar dissipline en hulpvaardigheid hoog geag is en het vir meer as 13 jaar in die weermag gedien. Sy is tuis in ’n outoritêre wêreld van uniforms, maar bly altyd elegant haarself met ferm grense en ’n sin vir humor. Haar storie is nie sonder pyn nie – veral die gebroke verhouding met haar biologiese pa is iets wat sy graag sou wou herstel. Die brug is vir haar nie net ’n kompetisie nie, maar ’n reis van selfontdekking, genesing en ’n kans om ander te wys wat moontlik is wanneer jy met geloof en eerlikheid leef. Melissa is nie hier om agtergrondmusiek te wees nie – sy’s hier om te groei, te verander en liefde, waarheid en krag na te laat.

Die brug
Die brug S2 Elsje
Die brug