web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

#DieBrug_Johan

Johan

Johan Steyn (55) – Rotsmeganikus van Secunda, Mpumalanga

Johan is ’n mense-mens. Hy is vriendelik, luister graag en geniet die geselskap van mense van alle ouderdomme. Johan is gemaklik in ’n bestuursposisie en ook daarmee om in spanne te werk. Hy is getroud en ’n pa met ’n seun en ’n dogter wat al uit die huis uit is. Johan glo solank mense net nie te diep krap nie, hoef dinge nie ongemaklik te wees nie. Hy is baie trots op sy slag met mense en hou van beplanning en oplossings. Sy swak punt is dat hy ander te maklik vertrou en nogal vinnig kwaad kan word as iets nie wil werk nie. Soms is hy ’n bietjie oorywerig met sy raad aan ander mense. Johan boer deeltyds met bye, en dit is iets wat hy graag heeltyds sou wou doen. Hy wil Die brug wen sodat hy die geld met almal kan deel, want hy weet wat die waarde van spanwerk is.

Die brug
Die brug
Johan Profile Portrait Die brug 2