web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

#DieBrug_Jaco

Jaco

Jaco Davel (43) – Instandhoudingstegnikus van Oos-Londen, Oos-Kaap

Jaco is ’n man met inbors. Hy hou van visvang, houtwerk en ’n eenvoudige lewe. Hy is getroud en die pa van ’n seun en ’n dogter. Jaco skrik nie vir harde werk nie en is altyd bereid om hand by te sit. Jaco glo jy kry wat jy wil hê deur skouer aan die wiel te sit. Sy grootste  wens is om finansiële sekuriteit te hê en om sy familie gelukkig te sien. Jaco is fisies groot en sterk, maar liefdevol. Hy is ’n goeie mens, ’n goeie pa en sy woord is sy eer. Daar is seer in sy verlede wat hy wens hy kon genees, maar hy fokus nou met dankbaarheid op die hede. Jaco meen hy het die ervaring wat Die brug bied nou in sy lewe nodig. Hy is ’n man wat normaalweg sy laaste stuk brood vir iemand anders sal gee, maar hier het hy een doel voor oë – om Die brug oor te steek en die prys vir sy familie te wen.

Hirome Profile Portrait Die brug 2
Johan Profile Portrait Die brug 2
Die brug