kyknet channel logo

Selfde legendes, nuwe seisoen - Dam

Nuus16 Februarie 2023
Dam is terug, en hier is alles wat julle moet weet.
Dam S2

Ou legendes en tradisies spook by die klein Oos-Kaap dorpie van Fischershaven.

Die gunsteling dogter van een van die dorp se stigters keer terug na die ontstellende nuus dat haar pa selfdood gepleeg het. Dit vat nie lank vir Yolanda se donker geheime om met haar op te vang nie en sy probeer kop bo water hou.

Yola se ouer sussie Sienna worstel met hulle pa se testament en begin meer en meer bekommerd raak oor haar jonger sussie se geestesgesondheid. Nadat Yola se voorskrifmedikasie opgeraak het en sy stemme in die pype begin hoor, word sy opgeneem in dieselfde psigiatriese hospitaal waar haar ma vir jare huisves gevind het.

Daar word ook ontdek dat die dorp se geheime leierskap, “die Komitee”, die bron van al die verkragtings en rituele wat die dorp die afgelope paar dekades getref het is, en dat Yolanda se terugkeer deur hulle georkestreer was.

Na talle ander rituele word daar bevestig dat sy moet dien as die uiteindelike offer aan die watergees, Mamlambo, om die dorp se groot droogte te beëindig. 

Yola probeer vir Allegra, die Komitee se jongste offergawe, red maar besef gou dat dit 'n lokval was en dat sy die een in gevaar is. Die "Komitee" het haar na die dam gelok waar sy vir haar lewe veg, en as oorwinnaar uit die water bars. Sy keer terug na die oewer net om verraai en bedwelm te word en dan op die einde die opoffering te word waarvoor die dorp gewag het, maar nie nadat sy ‘n wrede ritueel moes deurgaan nie.

In seisoen twee se voorskou sien ons ‘n Fischershaven wat juig na die droogte verby is, en ‘n Yolanda wat nie heeltemal soos haarself lyk nie. Meer geheime dryf na die oppervlak en onverklaarde raaisels hou weer die dorpsmense op hete kole.

Ons sien ook die terugkeer van ongelooflike name soos Antoinette Louw, Tarryn Wyngaard en Thembisa Mdoda-Nxumalo. Suidooster se Marvin-Lee Beukes en Laudo Liebenberg van "Die Byl” maak ook weer ‘n verskyning in Fischershaven.

Met ‘n ongelooflike 11 SAFTA nominasies vir die eerste seisoen, is ons gewaarborg om ons asems op te hou vir elke episode van die nuwe seisoen.

Moet nie die tweede seisoen van Dam op Showmax misloop nie