Opsomming: In 1972, toe apartheid nog hoogty gevier het en rassespanning op breekpunt was, het ’n groep kunstenaars alles gewaag om ’n veilige ruimte te skep vir artistieke, sosiale en politieke vryheid. Die Ruimte (The Space-teater in Langstraat, Kaapstad) het ontstaan as teenvoeter vir die verstokte dogmas van dié tyd en die regering se streng sensuur. Dit het die Teater van Oorlewing geword; ’n plek waar jou stem gehoor kon word, ongeag jou kleur. Geld was min, maar daar was baie kreatiewe chutzpah. Van die grensverskuiwende produksies het wêreldwyd opslae gemaak. Die destydse prys vir sulke uitdagende kuns was tronkstraf of selfs erger. Omdat hulle geweier het om stilgemaak te word, het elke lid van hierdie teatergeselskap op hul eie unieke manier ’n bydrae gelewer tot die vryheid van spraak en demokrasie wat Suid-Afrika vandag geniet. The Space: Theatre of Survival herdenk hierdie tydperk en lig die hoed vir teatermakers wat ’n verskil gemaak het.
Vervaardiger: Dan Poole & Mark Street
Regisseur: Dan Poole & Mark Street
Skrywer: Brian Astbury
Met:
John Kani
Winston Ntshona
Pieter-Dirk Uys
Fatima Dike
Richard E Grant