Opsomming: Enock Alu, ’n Malawiese tiener in ’n Chinese, Boeddhistiese weeshuis, voel verskeurd tussen sy Afrika-wortels en die Chinese opvoeding wat hy ontvang. Hy word ’n uitblinker in die skool en droom daarvan om eendag ’n held van die Oosterse gevegskuns soos Jet Li te wees, maar in sy finale skooljaar moet Enock moelike besluite oor sy toekoms neem. Moet hy terugkeer na sy familie in sy armoedige tuisdorp of in Taiwan gaan studeer? Binne die konteks van China se groeiende invloed op die kontinent, bied Buddha in Africa ’n unieke blik op die impak van sagte kulturele mag op die identiteit en verbeelding van ’n jong Afrikaan en sy skoolvriende wat tussen twee kulture grootword.
Vervaardiger: Nicole Schafer
Regisseur: Nicole Schafer