Opsomming: Billy Monk was ’n uitsmyter by ’n Kaapse nagklub gedurende die 1960’s. Hy het die tonele van onbevange genot wat elke aand voor hom afgespeel het, afgeneem. Sy vinnige oog en vermoë om vlietende, selfs bisarre oomblikke met sy kamera vas te vang, sorg vir onthutsend beelde wat in skrille kontras staan tot ander tipiese visuele materiaal uit die Suid-Afrika van daardie periode. Deur Monk se lens vervaag die grense tussen ras en kultuur, kleur en klas. Op die maat van jazz en polsende ruk-en-rolmusiek slaag hy daarin om ’n ongewone blik op ’n subkultuur van matrose, sugar girls en buitestanders in die apartheidera te gee. Enkele dae voordat hy uiteindelik sy treffende foto’s teen ’n galerymuur sou sien, word hy doodgeskiet. Vyftig jaar later vertel hierdie intieme dokumentêr die ware Griekse tragedie van ’n kleurvolle lewe met behulp van treffende swart-en-wit foto’s en onthullende gesprekke met vriende en kunskenners.
Vervaardiger: Craig Cameron-Mackintosh, Pierre de Villiers en Cait Pansegrouw
Regisseur: Craig Cameron-Mackintosh
Met:
Lin Sampson
David Monk
Jac de Villiers
Gavin Furlonger
Paul Gordon
Ashraf Jamal
Joe Schaffers
David Goldblatt
Henry Trotter
Maurice Gawronsky
Zelda Benjamin
Ruth Jeftha
Ziphozenkosi Dayile
Jack Parow
Ken Evans