kyknet channel logo
Silwerskermfees
Silwerskermfees

Lokprente

Silwerskermfees peiling
Silwerskermfees 2018

Wat maak jou opgewonde oor die #Silwerskermfees?

Kampsbaai21%
Die films69%
Die samesyn10%

Silwerskermfees 2018 vasgevang

Silwerskermfees

Fase 7: Die onthulling – die première Image : 19943
Old Righteous Blues - Silwerskermfees 2023 Image : 16737
Old Righteous Blues - Silwerskermfees 2023Op Kersdag 1997 ontvang Hantjie Jansen opwindende nuus. Sy Oom Jakwes, wat jare lank die Kerskoor se trommelmajoor was, tree af. Hantjie droom van kleintyd af daarvan om trommelmajoor te word, maar die bejaarde koorleiers wil niks daarvan weet nie. Twintig jaar gelede het sy pa ’n keuse gemaak wat die geliefde Old Righteous Blues Kerskoor in twee geskeur het. Toe twee vyandiggesinde groepe daarna ontstaan, het dit twis en vernietigende geweld in die gemeenskap veroorsaak. ’n Generasie later is daar ’n nuwe gevoel van eenheid in die land ná die eerste demokratiese verkiesing. Dit kan die geleentheid wees vir Hantjie om die gemeenskap te herenig en sy droom te verwesenlik, maar dit sal ’n titaniese stryd verg – en nie net om trommelmajoor te word nie. Dis ’n Romeo en Juliet-storie in Robertson, gekruie met liefde, begeerte, ambisie en die verskrikking van ’n ou vete.
Amptelike Lokprent – Die dekonstruksie van Retta Blom Image : 18423
Amptelike Lokprent – Die dekonstruksie van Retta BlomRetta Blom het die perfekte lewe. Of so lyk dit. ’n Liefdevolle man, ’n seun, ’n hond en haar droomhuis in ’n groen, gegoede buurt in Johannesburg. Maar een oggend sien haar perfeksionistiese oog ’n klein krakie in die vernis raak. Sy begin twyfel. Sy begin ondersoek instel. Miskien is haar man, Tobias, nie alles wat hy voorgee hy is nie. Kan dit wees dat hy al jare lank ’n donker geheim vir haar wegsteek? Wanneer sy en haar maltrap-kunstenaarsvriendin Leigh ’n road trip Kaap toe onderneem, begin die legkaartstukke een vir een inmekaarpas. En met elke nuwe stuk wat pas, rafel Retta nog ’n bietjie verder uit. #Silwerskermfees
2024 se TV-benoemings vir die Silwerskermtoekennings: Persoonlikheid van die jaar Image : 18235
2024 se TV-benoemings vir die Silwerskermtoekennings: Persoonlikheid van die jaarDie gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas. Dit sal die volgende aand, Sondag 1 September, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Kandidate vir Persoonlikheid van die jaar is Op my eish! se Brendan Peyper en Rachelle Fourie; Derick Hougaard van Hougaard – Liefling van Loftus; Avril Albetti van Die brug; Anita Lloyd van Die Real Housewives van die Wynlande en dan die wenners van Kokkedoor: Vuur en Vlam – Karen Els en Gert Joubert. Kykers wat wil stem, kan hul keuse keuse maak op die kykNET-webwerf vanaf 5 Julie tot 5 Augustus. Die kykNET Silwerskermfees word moontlik gemaak deur Openserve en die Stad Kaapstad.
Amptelike lokprent - Stilte - Silwerskermfees 2024 Image : 18195
Amptelike lokprent - Stilte - Silwerskermfees 2024Die veelbekroonde regisseur en kinematograaf Jozua Malherbe skep ’n ryk, meesleurende visuele droom vol teenstrydige emosies rondom ’n gedig van Hunter Kennedy oor vaderskap en hoe ons met die loop van tyd verander en tog ook dieselfde bly. Hunter, die liriekskrywer van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties, lees self sy gedig voor.
Amptelike Lokprent - Gebokste Liefde - Silwerskermfees 2024 Image : 18171
Amptelike Lokprent - Gebokste Liefde - Silwerskermfees 2024Suma-Lee is ’n geskeide enkelma wat reeds swaar trek toe sy haar werk as modeontwerper verloor en boonop hoor haar glibberige eksman trou weer – met ’n model. Oorweldig deur woede, begin sy teësinnig bokslesse neem en loop haar in nuwe liefde vas. Sy val hard vir Clive, haar boksafrigter, maar sy lewe is net so morsig soos hare. Hulle moet besluit: vlug of veg vir die liefde. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent - Som van twee - Silwerskermfees 2024 Image : 18170
Amptelike Lokprent - Som van twee - Silwerskermfees 2024Henk is ’n ervare sielkundige, maar ná die verlies van sy vrou, Nicolene, is hy magteloos om homself te help. Hy kan ook nie deurdring tot sy seun, Renier, nie wat sy pyn agter woede en ontkenning verberg. Tydens Nicolene se begrafnis bieg Henk dat hy destyds die matriek-Wiskundevraestel aan die ganse Barberton uitgelek het. ’n Ondersoek volg en die hele klas van 1990 moet die eksamen herskryf of hul matrieksertifikaat verloor. Henk vra Renier om hom te tutor, maar dit sukkel. En sy ou klasmaats is woedend oor die moeilikheid wat hy veroorsaak het. Dinge ruk hand uit en bring Henk voor ’n onmoontlike keuse te staan. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Noise & Neighbours Image : 18163
Amptelike Lokprent – Noise & NeighboursNoise & Neighbours is die storie van ’n verveelde dogtertjie en ’n man wat moed opgegee het. Bolelo, die dogter van ’n werkende enkelma, bring haar dae alleen deur. Helmut is die buurman in die woonstel onder hulle. Hy verwyl wat oor is van sy lewe voor die TV. Toe Bolelo ’n klavier vir haar verjaarsdag kry, veroorsaak dit konsternasie. Wanneer sy klavier speel, stamp ’n omgekrapte Helmut met ’n besemstok teen die plafon en eis dat sy ophou om sy rus te versteur. Geleidelik verander hulle stryery egter in ’n gesprek. Hulle word vriende wat mekaar nooit ontmoet nie, maar tog altyd, deur dik en dun, daar is vir mekaar. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Die Skynwerper Image : 18161
Amptelike Lokprent – Die SkynwerperGekluister aan sy donker verlede, voer Nelis ’n afgesonderde bestaan saam met sy verlamde, verbitterde vader. Nadat ’n insident by sy werk hom skielik werkloos laat, waag hy ’n kans en skryf in om deel te neem aan die realiteitsreeks Die Skynwerper. Ná ’n mislukte oudisie groei sy agterdog dat die sielkundige manipuleerder en aanbieder van die reeks in der waarheid ’n marionetmeester is wat sy werklikheid vanuit die skaduwees beheer. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Jan Bloed Image : 18157
Amptelike Lokprent – Jan BloedAlister Fortuin, ook bekend as Jan Bloed, van Westbury, Johanneburg, is ’n voormalige lid van die Fast Guns en Varados-bendes. Die kyker ontmoet sy ma, Felicity, wat hom nooit as Jan Bloed geken of gesien het nie; sy seun in die tronk, Vercaino, en sy vrou, Engeline, saam met wie hy nou ’n nuwe lewe het. Alister stap deur Westbury en ander areas wat ’n groot impak op sy lewe as Jan Bloed gehad het. Hy wys die plek waar hy sy eerste moord gepleeg het en sy “blomplekke”, en hy ontmoet weer mense uit sy verlede. Alistair voel geroepe om pastoor te word en ’n volgende generasie op ’n beter pad as dié van bendes en geweld te lei. Sal Alister wanneer Vercaino vrygelaat word, daardie noue weg saam met sy seun kan stap? #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Ons Image : 18162
Amptelike Lokprent – Ons’n Film deur Christopher van der Westhuizen: Wanneer ’n reeks onthullings en ’n noodlottige gebeurtenis die grondslag van hul verhouding skud, word Liezl en Dirk gedwing om hul diepste vrese, onsekerhede en die gevolge van hul dade in die gesig te staar. Na hulle 'n nag vol skokkende draaie en emosionele onstuimigheid moet navigeer, verander hul lewens onherroeplik. Ons is die donker reis van ’n getroude paar wie se lewens verstrengel is in ’n web van verraad, misverstand, liefde, dood en die betekenis van die lewe. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Die boodskapper Image : 18164
Amptelike Lokprent – Die boodskapper’n Kleimannetjie word wonderbaarlik tot lewe verwek deur die trane van jong Jake, ’n seuntjie vasgevang in sy ouers se bitter konflik. Jake het die knapie self uit klei geskep, maar nou is hierdie mannetjie ’n boodskapper met ’n missie: Hy móét ’n weggooibrief van Jake se pa wat hy gevind het, aan sy ma aflewer. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Selah Image : 18166
Amptelike Lokprent – Selah’n Doodmoeë ma met ’n koliekbaba vind dit onmoontlik om die harde werklikheid van moederskap te hanteer. Die trauma van post-natale depressie en die onuitgesproke uitdagings wat nuwe ouers in die gesig staar, word in 'n enkele aanhoudende oomblik in tyd onverskrokke verken. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Liminale Image : 18165
Amptelike Lokprent – LiminaleMia, ’n depressiewe vrou in ’n futuristiese inrigting, word geteister deur ontstellende herinneringe. Sy ondergaan ’n baanbrekerterapie in ’n virtuele werklikheid om haar trauma te verwerk. Maar terwyl sy dié surrealistiese liminale ruimte verken, ontdek sy die terapie se verrassende oorsprong en moet sy die krag vind om haar eie demone te konfronteer en vergifnis te soek. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Maak stil die geblaf Image : 18158
Amptelike Lokprent – Maak stil die geblafMaak stil die geblaf is ’n hartverwarmende dokumentêr oor ’n klein groepie 11-jarige kinders van ’n plaasgemeenskap in die Hexriviervallei en hul honde. Die kinders en hul vierbeenvriende oefen vir ’n hondespringkompetisie in Stellenbosch. In ’n plek waar geleenthede skaars is en geweld naby aan die huis, moet die kinders hul pad deur die lewe vind, terwyl hulle vir Tiger, Fluffy, Sussa en Lady probeer leer om oor hekkies te spring en deur tonnels te kruip. Uiteindelik neem die jong eienaars hul plaasbrakkies oor die berg waar hulle alles gee by die amateur-hondespringkompetisie waarop hulle met soveel passie voorberei het. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Marie se laaste dag Image : 18159
Amptelike Lokprent – Marie se laaste dagDit is 1994, en ná jare van spanningsvolle onderhandelinge en die eerste demokratiese verkiesing, is die regering van nasionale eenheid gereed om aan te meld vir diens. Marie is die jarelange sekretaresse van die minister van minerale hulpbronne, Hendrik van der Merwe. Sy moet reëlings tref vir Van der Merwe se vergadering met die nuwe minister van verdediging, Mayihlome Khumalo. Marie is gereed om die ideale van ’n nuwe Suid-Afrika te omhels. Sy is selfs bereid om haar toekoms op die spel te plaas om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika, of altans, die Republiek van Suid-Afrika. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Die Groot Twis Image : 18160
Amptelike Lokprent – Die Groot TwisIn ’n tyd van gevaarlike onsekerheid in ons land, is daar net een uitweg vir ’n eerlike man. Kom saam op ’n Groot Trek vanaf die droogste vlaktes van die Karoo tot die hoogste pieke van die Drakensberge. Beleef die passie van 'n oorrompelende liefde met die donkerste skadu. Kyk geskok toe hoe die woede van jaloesie, vriende en vennote teen mekaar draai. Met gevare om elke kronkel en draai van hul reis, sal die ontembare gees van die Suid-Afrikaner oorleef? Vind uit in: Die Groot Twis. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – By die Soutwater Image : 18155
Amptelike Lokprent – By die SoutwaterIn die hart van die V&A Waterfront in Kaapstad, beskerm ’n toegewyde span van die Two Oceans Aquarium Foundation die stedelike wildlewe – voëls, sonvisse, robbe en alles anders wat leef en beef – te midde van drukkende skares en ’n werkende hawe. Hulle beperk konflik, adviseer rondom uitbreidings en die impak daarvan op die wildlewe en werk saam om ’n toekoms te probeer te skep waar mens en dier in harmonie binne die stadsomgewing saamleef. Die span moet dikwels die ontstellende lyding van diere verduur, maar dit spoor hulle aan om te volhard met die moeilike taak wat hulle aangepak het. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Hier.Na Image : 18167
Amptelike Lokprent – Hier.NaDie Burgess-familie is ’n tipiese moderne, kultureel gemengde Suid-Afrikaanse gesin in die noordelike voorstede van Kaapstad, bo-op ’n heuwel, onder ’n kruis. Eric is sekulêr, maar sy vrou, Juleigha, wat verkies om Julie genoem te word, is ’n niepraktiserende Moslem. Hulle het twee kinders. Dean is ’n professionele aanlyn gamer, en Leila, ’n mediese student vier haar Moslem-identiteit, wat sy onlangs herontdek het – iets wat haar ma woes irriteer. Toe Julie skielik aan ’n hartaanval sterf, onderneem Leila om vir haar ’n Moslem-begrafnis met die hulp van Julie se ma te reël. Dit krap die hele familie om. Almal moet nou jare se konflikte en onderstrominge binne een onstuimige dag navigeer sodat Julie, soos Moslem-tradisie vereis, voor sonsondergang begrawe kan word. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Tussen die Draad en die Dropper Image : 18156
Amptelike Lokprent – Tussen die Draad en die DropperHierdie dokumentêr is ’n reis saam met die fotojoernalis Willem van der Berg op soek na ’n verlore draadspanner van die Hardemanskaroo, Hans Jors. Willem het ’n jarelange en noue verbintenis met Hans, maar nou is daar geen teken van Hans nie, en die boer vir wie hy ’n hele Karoo-koninkryk toegespan het, wil niks sê nie. Met die lostorring van die raaisel rondom Hans, word die skerp skeidslyne in ’n ongenaakbare landskap en verdeelde gemeenskap sigbaar. Dit is ’n storie oor mense wat aan die verkeerde kant van die draad gebore is. Die kant waar jy net kan stilraak. Verdwyn. En niemand iets daaromtrent kan doen nie. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Breathing In Image : 18168
Amptelike Lokprent – Breathing InOp ’n donker, stormagtige nag gedurende die bitter einde van die Anglo-Boereoorlog, word ’n swaar gewonde Boeregeneraal verpleeg in sy afgebrande stal deur Anna, ’n geheimsinnige kruiedokter. Haar verleidelike, anderwêreldse dogter, Annie, veg ook om oorlewing, maar benodig meer as wat haar moeder se brousels haar kan bied. Adjudant Brand, getroue en dapper soldaat van die gewonde generaal, besef hy word stadig verstrengel in ’n onheilspellende web geweef deur moeder en dogter. Die bloedlose Annie word met die listige hulp van haar ma deur iets afgrysliks aan die lewe gehou. Brand is gewoond aan die gruwels van die slagveld, maar hy kom skielik voor ’n verskriklike keuse en ’n veel donkerder gevaar te staan. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Vergeet van My Image : 18154
Amptelike Lokprent – Vergeet van MyToe die bekende akteur, draaiboekskrywer en voormalige tromslaner van Zinkplaat, Beer Adriaanse, se ouers in 2021 hulle stoorkamer skoonmaak, kom hulle op ’n vergete swart krat af. Hieruit dop toe foto’s, joernale en plastieksakke vol DV8-videokassette met opnames wat verskeie toere vasgevang het, en daarmee ook ’n byna vergete tydperk in plaaslike musiek. Argiefmateriaal, wat oor tien jaar strek, vertel ’n storie van ontdekking, jeugdige rebellie, grootword en die droom om deel van iets groters te wees teen die agtergrond van ’n oplewing in alternatiewe Suid-Afrikaanse klanke. Met musiek van Zinkplaat, Foto Na Dans, eF-eL, Straatligkinders, Tidal Waves, New Holland en verskeie ander geraasmakers van dié era is hierdie ’n dokkie waarop jy kan dans. #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Deuntjie Image : 18123
Amptelike Lokprent – DeuntjieAlmal het daai klein stemmetjie in hulle kop. In die geval van Deuntjie, ’n skaam en pligsgetroue meisie, is daardie stemmetjie Vera – ’n groot diva met twee flambojante agtergrondsangers, Moses en Jacob, aan haar sy. Hulle smokkel sing-sing met arme Deuntjie se kop. Wanneer die baas trou en die hele kantoor genooi word, begin Vera vir Deuntjie oortuig om vir Karel, op wie sy smoorverlief is, te vra om as haar metgesel na die bruilof toe te gaan. Dinge ruk egter hand uit wanneer Deuntjie nie meer kan onderskei tussen die werklikheid en die stemme in haar kop nie. Sal Deuntjie haar eie stem kan vind? #Silwerskermfees
Amptelike Lokprent – Liewe Dudu Image : 18119
Amptelike Lokprent – Liewe DuduDudu, ’n borrelende skoonheidsterapeut by ’n goedkoop dagspa in Pretoria, word net voor die jaarlikse inspeksie met chaos gekonfronteer. Nadat sy laat aankom, ontdek sy ’n dooie kliënt op die behandelingsbed en besluit sy om die liggaam na die kleedkamers te skuif met die hulp van haar beste vriendin, Lerato. Die oorlede vrou behoort eintlik aan die begrafnisonderneming langsaan. Die spa se bestuurder, Nina, wat toegelaat het dat haar begrafnisondernemer-kêrel, Lappies, die lyk tydelik by hulle stoor, is in ’n toestand toe sy ontdek die liggaam het verdwyn. Die Spa-meisies moet saamwerk om die lyk weg te steek en alles reg te ruk voordat die inspekteur opdaag, en Dudu weet nét hoe. #Silwerskermfees