web uni tv guide
Fanaties S1 SP BB
web uni tv guide

Fanaties

144LeefstylPG
Fanaties S1 Poster

Oudhede, geheime en stories uit vervloë tye kry nuwe lewe in kykNET se splinternuwe dokumentêre realiteitsreeks, Fanaties.

S1 | E1
05 November 20:00
'S1/E1'. Saterdae is altyd besig by die Sinkhuisie. Natie gaan kuier by Milley-Ann en ontdek 'n interessante pot, wat hy...

Fanaties – nuwe dokumentêre realiteitsreeks vier die stories agter Suid-Afrika se oudhede

News15 Oktober 2025
“Fanaties” begin Dinsdag 5 November om 20:00 op kykNET.
Fanaties

Oudhede, geheime en stories uit vervloë tye kry nuwe lewe in kykNET se splinternuwe dokumentêre realiteitsreeks Fanaties, wat op Dinsdag 5 November om 20:00 begin. Die reeks, wat uit agt episodes bestaan, volg die passievolle en charismatiese Natie Ferreira deur sy wêreld van antieke skatte, versamelaars en geskiedenis, en onthul die mense en verhale agter die ou mooigoed en interessante dinge wat ons verlede lewend hou.

By Fanaties gaan dit nie net oor wat iets werd is nie, maar oor wie en watter geskiedenis daaragter staan. Natie ontdek waardevolle, vergete en soms ongewone skatte, maar die ware waarde lê in die stories wat hy onderweg raakloop. Van besoeke aan versamelaars en kenners tot die besige bedrywighede in sy winkel – Die Sinkhuisie in Riviera, Pretoria – bied elke episode ’n unieke kykie in ’n omgewing waar stof, spinnerakke en herinneringe hand aan hand gaan.

“Die geleentheid om my stories en dié van medeversamelaars met kykers te deel, was vir my ongelooflik opwindend,” sê die aanbieder, Natie Ferreira. “Ek hoop om mense ’n nuwe liefde vir oudhede te gee; om nuwe versamelaars te kweek en te wys dat agter elke item ’n storie en ’n stuk geskiedenis skuil. Dis vir my belangrik om mense te inspireer met die ryk geskiedenis van ons land en sy mense.”

Vir Natie lê die hart van die program in verrassende ontdekkings. “Dis ongelooflik lekker om te snuffel vir daai onverwagte skatte wat net binne die volgende boks wegkruip.”

Hy voeg by dat Die Sinkhuisie vir hom meer as net ’n perseel is waar gekoop en verkoop word: “My winkel speel ’n sentrale rol in die reeks. Dis ’n plek waar mense bymekaarkom en hul liefde vir oudhede deel. Dis ook die plek waar items nuwe huise en stories kry.”

“Elke dag bring nuwe verrassings,” sê die vervaardiger, Elmi de Pauw, van Walla Films. “Ek is mal oor oudhede en programme oor oudhede. So, toe ons die geleentheid kry om Fanaties te maak, was ek vreeslik opgewonde.”

Elmi sê dit was vir die span belangrik om dié passie visueel uit te beeld. “Ons begin altyd in die winkel en kyk wie is daar vir ’n winskopie of ’n versamelstuk. Dan ry Natie uit na mense wat kenners of versamelaars is. Visueel het ons probeer om soveel moontlik vas te vang van wat in die mense se huise is – elke item vertel sy eie storie.”

Tussen die uitstappies deur speel baie van die aksie in Die Sinkhuisie af, waar Natie saam met sy ma, sy skoonma en winkelbestuurder, Mandy, werk. “Hulle is ’n heerlike span,” sê Elmi. “Daar’s altyd bietjie drama en speelsheid tussen ma en seun – dis wat die winkel so lekker maak.”

Met Fanaties kry kykers ’n nostalgiese maar ook verrassend opwindende blik op die kultuur van versamelaars, restourasie en die geskiedenis. “Ek dink Fanaties bring iets vir almal in die huis,” sê Elmi. “Jy kan sit en jou verstom aan die mense en hul stories – en dalk besef dat iets in jou kas miskien meer werd is as wat jy gedink het.”

Walla Films was ook verantwoordelik vir programme soos Spasie, Tussen mure, Lightning Pathologist en Flights to Nowhere.

Fanaties begin Dinsdag 5 November om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Nog Programme

DStv Catchup
Lat wiel S33 Poster

La't Wiel

17:30 | 28 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Met n huppel in die stap S20 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 29 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Schuster

Schuster

20:00 | 29 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Boer soek n vrou S17 Maint Poster

Boer Soek 'n Vrou

20:00 | 30 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Vat jou goed en trek S12 Poster

Vat Jou Goed En Trek

17:30 | 31 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Wanderlus S4 Poster

Wanderlus

18:00 | 01 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Pootpraktyk S1 Poster

Pootpraktyk

18:30 | 01 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Ysters op die platteland S1 Poster

Ysters Op Die Platteland

19:30 | 01 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Tussen Mure S1 Poster

Tussen Mure: Masculus

17:30 | 02 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Fiesta S27 Poster

Fiësta

18:00 | 02 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Voetspore S14 Poster

Voetspore

20:00 | 02 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
1 Spoor avonture S2 Poster

1 Spoor Avonture

17:30 | 03 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
Kokkedoor: Son & See

Kokkedoor: Son & See

20:00 | 20 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144