web uni tv guide
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG
Waldimar Pelser

Waldimar Pelser

Waldimar het sy TV-loopbaan in Oktober 2014 op kykNET begin met Insig, waarvoor hy in 2015 met die ATKV-mediaveertjie vir beste aanbieder van ’n aktualiteitsprogram bekroon is.

Hy is tans aanbieder van kykNET Verslag in gesprek, wat Woensdagaande regstreeks uitsaai.

Sy loopbaan as joernalis het in 2001 by Die Burger begin, waarná hy buro-hoof was vir Media24 in Lagos, Nigerië, nuusredakteur van Beeld en ook redakteur van die nuustydskrif NewsNow.

Hy is sedert Mei 2013 redakteur van die sondagkoerant Rapport.

Hy het in die regte en joernalistiek studeer by Stellenbosch Universiteit en in 2004 as ’n Rhodes Scholar by Oxford Universiteit gegradueer met ’n MPhil in Ontwikkelingstudie, met ’n fokus op ekonomie en politiek.

Hy woon in Johannesburg en Kaapstad en reis en lees graag.