Viljé is ’n Suid-Afrikaanse akteur (verhoog, TV en film), TV-aanbieder en stemkunstenaar.
Hy is seker die bekendste vir sy rol as Gys Eloff in die M-Net-sepie Binnelanders (2009 - 2012) en was ook te sien in die teaterstuk My Pa dink hy is Elvis.
Viljé staan ook nie terug as dit by die silwerdoek kom nie, met flieks soos Die Skandaal en Stille Nag.
Viljé speel graag touch rugby, het ’n passie vir branderplankry en is ’n adrenalien-junkie.