web uni tv guide
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG
Hestertjie 1

Gretschen Ramsden

Gretchen Ramsden is gebore in Vredenburg en het daar grootgeword. Sy het Panorama Laerskool bygewoon asook Hoërskool Weston. Sy het gegradueer met 'n BA-graad in Drama en Teateropvoering by die Universiteit van Kaapstad (UK) in 2017.

Sy het haar professionele loopbaan in haar finale jaar by die UK begin waar sy die rol vertolk het van Evie in “Die dans van die watermeid”, geskryf deur Amy Lekas met regie deur Jason Jacobs. Die stuk is opgevoer by die Baxterteater, Woordfees 2018 asook KKNK in 2018.

Sy het die hoofrol vertolk in die verwerking van Jolyn Phillip se “Tjieng Tjang Tjerries” by die Woordfees in 2018 en is te sien as Joanie in die stuk met regie deur Jason Jacobs.

Sy het haar telenovela-debuut gemaak in “Arendsvlei” en het die rol van Nicolene Arendse vertolk.