OUDERDOM: 61
AREA: Fouriesburg
BEROEP: Gasteplaas eienaar en bestuurder, boervrou en entrepreneur
HOEKOM DINK JY IS JY ’N GOEIE KANDIDAAT VIR KYKNET SE PROGRAM ‘KUNSVLYT’?
Ek wil graag glo dat ek n geskikte kandidaat is vir Kunsvlyt want my eet, slaap, droom en doen,bestaan uit kreatiewe denke , en die uitlewing daarvan.Tydens my onderwys studies was my hoofvak kuns. Nadat ek die onderwys vaarwel geroep het, was ek in ‘n pos by ‘n korporatiewe maatskappy wat onder andere kuns produkte en ‘scrapbooking’ produkte ingevoer het. Ek het gehelp met die oprigting van kuns/’scrapbook’winkels landswyd en die ontwikkeling en eksperimentering van die kuns produkte. Ek was grootliks verantwoordelik vir die ontwerp van die eind produk met die kuns produkte en het ook klas gegee by die “Scrapbook conventions” wat by Spier en Emperors palace gehou is.
Huidiglik woon ons op n plaas wat ook bedryf word as n gasteplaas waar ek die ontwerp,uitleg en interiuer van die chalets behartig.Bouwerk,meubel hernuwing,verf tegnieke,landskap ontwerp,verf van skilderye en die maak van ander dekor elemente ,is maar n paar van my kreatiewe take.
WAT SE TIPE KUNSVLYT DOEN JY, EN WAT GENIET JY DIE MEESTE?
Ek eksperimenteer gedurig...speel met ‘mixed media’ waar ek ‘skilderye’ op skilderdoek maak. Acrylic pouring, beeldhou met verskillende mediums soos klip (sandsteen uit ons berg), klei, papier en glas.
HOE GEREELD DOEN JY KUNSVLYT?
Elke dag!
WATTER ANDER STOKPERDJIES BEOEFEN JY OOK?
Kook,onthaal,lees,stap.
WAS JY AL TEVORE OP TELEVISIE?
‘Show me how’ tv program in 2010. Ek het ’n ‘mixed media’ leêr met afskortings gemaak. ‘Scrapbook papier’, Tim Holtz inke met ‘embelishments’ van Tim Holtz en ’n uitvou koevert.
Plaaskombuis saam met Elma Postma in 2017. Ek het 3 geregte gekook en ons het dit saam met vriende geëet.
‘Scrapbook’ demonstrasie tydens Reitz se bielie mielie fees op Kwêla.
WAT IS JOU GROOTSTE PASSIE?
Behalwe die berge waar ek my Here ontmoet, my man, kinders en Miley my hondjie... is my passie verseker die uitlewing van my kreatiewe siel.
VERTEL ONS VAN JOU GESINSLEWE?
My liewe wederhelf van 39 jaar, Leon is n stoere boer en my anker en groot liefde sedert skool dae! Ons het 2 pragtige kinders, Leon jnr is 36 jaar, verloof, woon in Boksburg en werk in korportiewe versekering. Lanna is 32 jaar, ongetroud, woon in Irene en werk as ‘DE’ (Designated examiner in Aviation) nadat sy 3 jaar in Abu Dhabi gewoon en gewerk het.
Beide van hulle is baie kreatief,elk in sy eie reg.