kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Bliksems in Bothaville

Video
20 Junie

Dinge gaan nie goed in Roger Wilters se persoonlike lewe nie, en die huis wat eens vol familielewe was, is nou stil. In die rofstoeikryt kon Roger homself uitleef en vergeet van sy probleme, maar nou het die enigste rofstoeiklub in Bothaville toegemaak. Hy besluit ophou stoei, is nie ’n opsie nie. Maar sal hy daarin kan slaag om ’n erkende rofstoeier te word in ’n kleindorpse gemeenskap. Sal die dorp sy rofstoei-ambisie ondersteun, of gaan dit maar net ’n droom bly? #Silwerskermfees