29 Maart - Ouerskap is een van die grootste vreugdes in die lewe. Maar om tydens die nasionale inperking met 'n vier dag oue babadogtertjie by die huis te kom, is 'n besonderse uitdaging. Ons eNuus-kollega Daniëlla van Heerden en haar man, Cornél, het verlede week die trotse ouers van Simoné geword. Ma en dogter het Saterdag tuisgekom en die Van Heerdens deel hulle ondervinding van hierdie tyd met eNuus-kykers.