Wat is jou beroep?
Ek is ’n konsulterende sjef.
Hoekom het jy vir Kokkedoor Vuur & Vlam ingeskryf?
Ek was deel van die Marble-restaurant in Johannesburg se span waar ons op vuur gekook het.
Dis hier waar ek my kennis van vuur-kosmaak na ’n hoër vlak geneem het. Deur vir Kokkedoor Vuur & Vlam in te skryf, wou ek vir myself ’n naam in die kosbedryf maak.
Hoe sal jy jouself beskryf?
Ek is bietjie van ’n introvert, maar ek is easy-going. Ek het grootgeword in Jeffreysbaai, waar surf deel was van my alledaagse lewe. Dit het my baie rustig en ontspanne gemaak, maar daar is ook ’n baie georganiseerde kant aan my as dit kom by werk. In die kombuis moet alles op sy plek en netjies wees.
Iets interessants oor jou?
Ek het vir ses seisoene as ’n sjef op privaat seiljagte in die suide van Frankryk gewerk.
Wat is jou lewensmotto?
Start slow, finish strong. One team, one dream.
Wat het jy van jouself tydens jou deelname aan Kokkedoor Vuur en Vlam geleer?
My huistaal is Engels, maar ek het my passie vir Afrikaanse kos en kultuur herontdek, en dit was vir my lekker om weer Afrikaans te praat.
Ek het ook besef hoe belangrik dit is om elke dag te geniet en te waardeer. Die lewe is baie kort en daarom moet jy vuur en vlam wees oor die geleenthede wat na jou kant toe kom.
Ek het ook geleer dat my kookkuns uniek is en dat ek trots kan wees op myself.
Jou nommereen-braaiwenk?
Braai met gevoel! Sowat 90% van kosmaak is common sense, en 10% is vaardigheid.