web uni tv guide
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur & Vlam

144Kookkompetisie13 L

De Wet Visser (37), Welgelegen

Wat is jou beroep?    
Ek is ’n verkoopsverteenwoordiger vir Cape Deli.  

Hoekom het jy vir Kokkedoor Vuur & Vlam ingeskryf?  
Ek het so ’n groot liefde vir kosmaak. Ek wil graag die groot prysgeld wen en al my drome najaag.  

Hoe sal jy jouself beskryf? 
Ek is ’n stil en rustige outjie. Dit maak my hart so warm as ek die geluk in ander mense sien terwyl hulle my kos geniet.  

Iets interessants oor jou?  
Ek is baie lief vir die natuur. Ek vang vis, kamp en ek hou ook van jag. Ek is baie kreatief met kos en tafeldek.  

Wat is jou lewensmotto?
Hanteer ander soos jy hanteer wil word.   

Wat het jy van jouself tydens jou deelname aan Kokkedoor Vuur & Vlam geleer? 
Jy moet klou aan jou drome en dit nastreef.

Jou nommereen-braaiwenk?
Jy moet altyd genoeg kole hê. Dis nie lekker om jou vleis op die stoof of in die oond te probeer gaarkry nie.

Kokkedoor S4 Cindy Menigo
Kokkedoor vuur en vlam S2 Ferdi Uys
kykNET_Kokkedoor_Vuur_&_Vlam_De_Wet_Visser_1600x900