web uni tv guide
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur & Vlam

144Kookkompetisie13 L

Charlotte Minnaar (43), Centurion

Wat is jou beroep? 
Ek is ’n entrepreneur en my spysenieringsonderneming se naam is Charlotte’s. Ek kook heerlike tuisgemaakte kookkos en het in 2002 as ’n sjef by Boland College Paarl gekwalifiseer. Net daarna het ek op safari-trokke begin werk as ’n boskok.

Hoekom het jy vir Kokkedoor Vuur & Vlam ingeskryf?
Ná ’n leeftyd van toere doen en met mense werk om vir hulle die beste vakansie van hulle lewe te help ervaar, het ek en my gesin in Maun, Botswana, gaan woon. Dit was ’n ongelooflike bos-ervaring met al ons vriende, maar vanweë Covid moes ons na Suid-Afrika terugkeer.  

In my hele lewe van in ander lande bly, het ek nooit gedink dat ek ooit in Pretoria sou opeindig nie. Skielik was ek en my familie in hierdie betonoerwoud, en ek het myself begin verloor. 

As jy eers ’n gids en ’n bosmens was vir so lank, is dit regtigwaar swaar om aan te pas in die stad. Mense jaag konstant en regtig ... vir wat? 

Depressie het deel begin word van my elke dag, want waar begin mens nou weer op 42 ’n nuwe werkslewe in Suid-Afrika? Toe Kokkedoor Vuur & Vlam se inskrywings oopgemaak het, het ek besluit dis dalk net wat ek nodig het. 

Hoe sal jy jouself beskryf? 
My pa sal sê “lekker mal” met ’n baie groot hart. Ek is super-opgewonde oor die lewe en baie borrelend en ek wil net die beste vir almal hê. My familie is my groot aansporing, want ons het al so baie deurgemaak en is sterker as ooit.

Iets interessants oor jou?  
Kos is  natuurlik een van my grootste passies, en dit was ’n groot deel van my McClughan-familie in Namibië, waar ek grootgeword het.  

My ouma Hettie was ’n bobaasbakster in Walvisbaai, en om by haar groot te kon word het my soveel geleer. Die dag toe ek self op safari begin kosmaak, was dit soos ’n droom wat ek al as 12-jarige gekoester het, wat waar geword het.

Wat is jou lewensmotto? 
Lag wanneer jy kan. Sê jammer as jy moet. Laat gaan wat jy nie kan verander nie. 

Wat het jy van jouself tydens jou deelname aan Kokkedoor Vuur & Vlam geleer?
Ek kan enigiets aanpak wat my hart van droom en begeer. Ek is ’n skitterende diamant wat dit geniet om mense gelukkig te sien.

Jou nommereen-braaiwenk?
Moenie paniekerig raak nie, haal asem en fokus.
 

Kokkedoor S4 Braam Potgieter
Kokkedoor S4 Cindy Menigo
kykNET_Kokkedoor_Vuur&Vlam_Charlotte Minnaar_1600x900_Resize_Profile