web uni tv guide
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur & Vlam

144Kookkompetisie13 L

Benjie Benjamin (39), Kimberley

Wat is jou beroep? 

Ek werk meer as 12 jaar by Eskom en is ’n hoogspanningselektrisiën by die maatskappy. Ons doen instandhouding van lewendige toevoerlyne.

Hoekom het jy vir Kokkedoor Vuur & Vlam ingeskryf?

Almal sê altyd vir my ek braai lekker, en toe moedig my skoonma my ook aan om vir Kokkedoor Vuur & Vlam in te skryf. Ek het ook by myself gedink: Kom ons sien wat Bertus en Kobus van my braaivernuf dink. 

Hoe sal jy jouself beskryf?

Die meeste mense ken my as die stil, rustige ou. Ek is mal oor die buitelewe en om nuwe plekke te ontdek. Daarom hou ek van koers kies en die langpad vat, want jy sien nuwe plekke en ontmoet nuwe mense.

Ek glo ’n mens moet altyd vriendelik wees teenoor ander om só die beste uit hulle uit te kry. Die lewe is te kort om verbitterd te wees.

Iets interessants oor jou? 

Ek is mal oor ou Japannese wieldoppe. Ek het oor die jare al ’n paar stelle laat invoer en ’n klein versameling opgebou, want ek hou ook daarvan om aan motors te werk. Omdat ek ’n ambag beoefen, maak ek baie goed sommer self reg.

Wat is jou lewensmotto? 

Dieselfde son wat vir ander skyn, sal vir jou ook skyn. 

Wat het jy van jouself tydens jou deelname aan Kokkedoor Vuur & Vlam geleer?

Ek het geleer dat ek meer in myself moet glo. Ek is in staat om nuwe ervarings aan te durf. As introvert was ek huiwerig om deel te neem. Dit het my baie gehelp met my selfbeeld.

Jou nommereen-braaiwenk?

Vermy soet marinades, want dit brand altyd aan en laat ’n slegte nasmaak.

Kokkedoor S4 Ashley Dokter
Kokkedoor S4 Bertus Fourie
Kokkedoor vuur en vlam S2 Benjie Benjamin