web uni tv guide
Die brug emmys slim BB

Spanning gaan oorloop – Die brug

Nuus
26 Oktober 2023
Is jou gunsteling speler op “Die brug” ‘n introvert, ekstrovert of so bietjie van beide?
Die brug article image ep 1 ekstrovert introvert

Soms kom persone net nie oor die weg met mekaar nie en ‘n groot rede daarvoor is omdat hulle introverte of ekstroverte is. Hoe vind jy die goue middeweg om steeds oor die weg te kom met almal, selfs al verskil persoonlikhede? 

Jamie Le Roe

Ekstrovert: Ek probeer altyd oop wees om mense beter te leer ken maak nie saak wie hulle is nie –  even the enemy (like they say keep your friends close and your enemies closer).

Iana Strydom

Ek sien myself as beide 'n ekstrovert en introvert, maar ander mense sal sê ek is net ‘n ekstrovert. Ek kom baie goed oor die weg met mense wat die teenoorgestelde van my is – baie van my vriende en vriendinne is introverte.

Marna Grobler

Ek is ‘n introvert met ekstrovert-eienskappe. Ek hou van my eie geselskap en alleentyd, maar ook mense interaksie, en om te sosialiseer. Ek is optimisties en nie bang om kanse te vat nie. Dit maak dit maklik om met mense oor die weg te kom.

William Walters

Ek is verseker ʼn bietjie van al twee. Ek hou van my alleentyd, maar ek hou ook daarvan om tussen mense te wees. Ek kan goed oor die weg kom met iemand wat die teenoorgestelde as ek is.

Robert Kruger

Beide, ek hou daarvan om tussen mense te wees, maar geniet alleentyd ook.

Arnold Bosman

Ekstrovert: Ek dink ek kom nogal goed met mense oor die weg  van alle shapes en sizes. Ek’s eintlik ʼn extroverted introvert.

Sam Marais

Ek is ‘n “ekstrovertiese-introvert”: Soos almal het ek ook gemeenskap nodig. Ek geniet mense rondom my vreeslik baie tot op ‘n punt. Gewoonlik verwyder ek net myself as dit vir my te veel word. Al is dit ook net een kant van die vertrek met my oë toe of iets.

Nonnie Geldenhuys

Introvert, maar besef ʼn ekstrovert se kwaliteit en gee hulle kans om hulself te wees... waardeer hul... Hulle is nogal nodig om jou eie gedagtes soms te formuleer.

Tina Linder

Ek is 'n ekstrovert tot my lyntjie getrek is, dan word ek bitterlik vinnig ‘n introvert. Ek verwyder myself net uit die situasie. Ek skakel af.

Geo Botha

ʼn Introvert, al hou ek daarvan om sosiaal te verkeer, kry ek my energie deur alleen te wees. Ek kom goed oor die weg met teenoorgestelde mense. Nie net vereis my werk dit van my nie, dis vir my ook interessant om ander se opinies en uitkyk van die lewe te sien en te hoor. Almal kan nie dieselfde wees nie: If everyone is thinking alike, then someone isn't thinking,

Larry Alcock

Ek's 'n ekstrovert en ʼn mense-mens. Ek like die geselskap van alle tipe mense kwaai. 

Avril Albetti

Ekstrovert, ek kom oor die weg met baie. Dis gewoonlik net mense wat geïntimideerd voel rondom my wat my nie kan verdra nie

Gaan die spelers se geaardhede lei tot intense spanning wanneer hulle kragte moet saamsnoer om die Die brug te voltooi? 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe dié 12 spelers emosioneel en fisies uitgedaag word om Die brug te voltooi. Gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.