Safari Roetes Seisoen 3: Ontdek die hart van die Cederberge en TankwaSafari Roetes is terug op kykNET met ’n derde seisoen propvol avontuur, asemrowende uitsigte, versteekte kampplekke en stories wat die Suid-Afrikaanse stofpaaie tot lewe bring. Hierdie geliefde 4x4-toerprogram wys kykers hoe hulle met hul standaard 4x4-voertuie self die pad kan vat na bekostigbare, unieke bestemmings reg hier in eie land.