Lee-Ann Gerber: Van tent in die veld tot nuwe veldaanbieder van FiëstaLee-Ann Gerber het diep in kykers se harte gekruip tydens haar deelname aan die kykNET-realiteitsreeks Klein paradys, en nou kan hulle gereed maak om meer van haar op die kanaal te sien. Sy maak haar debuut as mede-aanbieder van die kykNET-program Fiësta op Sondag 6 Julie.