’n Weldeurdagte wagwoord vir Wikus van Wyk: Splinternuwe speelfilm in JunieDis ’n verhaal wat wêreldwyd afspeel. Kinders verlaat hulle ouers om ’n beter lewe op ’n ander kontinent te gaan soek. Die ouers sal enigiets doen om kontak met die kinders en ook kleinkinders te hou, maar elke nou en dan steek tegnologie ’n stokkie daarvoor.