Ander dam se eende begin 12 Januarie om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) – twee Suid-Afrikaanse sterre, Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper, neem kykers saam op ’n epiese toer deur die VSA. Van kultuurryk stede tot klein dorpe vol verrassings – volg hulle avonture, ontmoet nuwe mense en ontdek die musiek, kultuur en energie van Amerika—altyd met ’n bietjie Suid-Afrikaanse flair.
1. Bobby & Brendan verower Amerika
Die seisoen volg twee van Suid-Afrika se gunstelingsterre — Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper — terwyl hulle deur die VSA toer, Suid-Afrikaners ontmoet, nuwe kulture ontdek en avontuur soek.
2. Elke stad het sy eie karakter
Van die wolkekrabbers van New York, die klein-dorpie sjarme van Raleigh en Pittsboro, tot die country-ritme van Nashville, die sielvolle energie van Memphis, die cowboy-gees van Dallas–Fort Worth, die kuns- en kultuur buzz van Austin, en die glans van Los Angeles — elke plek het ’n unieke gevoel, tempo en persoonlikheid.
3. Musiekliefhebbers gaan tuis voel
Die manne verken die oorsprong van Amerikaanse musiek — van country-legendes in Nashville, tot die blues- en soul geskiedenis van Memphis, en die ontdekking van plaaslike kunstenaars in Austin se indie-toneel. Verwág jam-sessies en agter-die-skerms stories wat jou diep sal tref.
4. Dinge loop beslis skeef… maar op die snaakste maniere
In Pigeon Forge ontspoor ’n onverwagte terugslag hul planne — maar die chaos verander vinnig in komedie wanneer hulle improviser en die avontuur laat aanhou rol. Dit wat as ’n probleem begin, word een van die seisoen se lekkerste herinneringe.
5. Die reeks bewys Amerikaners is gaande oor Suid-Afrikaners
Ooral waar hulle gaan — van diners tot danssaaltjies — ontmoet hulle mense wat eenvoudig nie genoeg kan kry van Suid-Afrikaanse musiek, aksente en sjarme nie.
Skakel Maandag 12 Januarie 21:00 in vir Ander dam se eende op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.






