Logo

Skryf in vir die kompetisie

Staan die kans om een van drie ongelooflike pryse te wen! Al wat jy moet doen, is om die tweede seisoen van Hokaai, My Meisie! elke Saterdag vanaf 7 Januarie om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) te kyk en ‘n vraag uit die episode te beantwoord.

Hokaai, My Meisie! - Seisoen 2 - kykNET - 2023 KV

Wen ’n wegbreek met Hokaai, My Meisie!

Hoe om in te skryf:

Kyk elke Saterdag 19:30 Hokaai, My Meisie! op kykNET (DStv-kanaal 144) en beantwoord ’n eenvoudige vraag.

Kykers kan elke week een keer inskryf. Elke rondte begin weekliks op Saterdae om 20:00 en sluit Vrydae om om 17:00.

Staan die kans om een van drie ongelooflike pryse te wen!

Eerste prys - Twee nagte by die Gondwana-wildreservaat, Wes-Kaap, ter waarde van R18 000

Geniet ’n intieme, luukse Afrika-safari en dra daarmee by tot natuurbewaring. Ontspan en herlaai in die ongeskonde natuurskoon met opwindende wildritte, heerlike tuisgemaakte maaltye en verrykende bewaringsaktiwiteite wat jou die kosbare geleentheid gee om ’n verskil te maak.​

Dié eko-kamp steun op sonkrag en gebruik water uit die volhoubare bron van ’n nabygeleë fontein. Die kamp is ook ’n plastiekvrye sone.

Die kampgeriewe sluit sewe groot, gemaklike tweeman- of koningstente op geligte platforms in, elk met ’n privaat badkamer en beskutte dek. ’n Houtpaadjie oor die rivierbedding verbind die akkommodasie met twee kuiertente wat met grasdakke bedek is. In hierdie tente is ’n sit- en eetkamer, ’n kroeg en nabygeleë swembad.​

Die tweenagverblyf vir twee persone by die Gondwana-eko-kamp sal alle maaltye insluit, twee wildritte, bewaringsaktiwiteite, en drankies en happies op die wildrit ter waarde van R18 000.


Vervoer na Gondwana is egter nie ingesluit nie en ook nie natuurbewaringsfooie, enige drankies gedurende etes, aankope in die kampwinkel en/of ander aktiwiteite nie.

Lees meer: https://gondwanagr.co.za/accommodation/eco-camp/

Tweede prys - Twee nagte vir agt persone by Die Laaitjie ter waarde van R9 000

Sjarmante, landelike selfsorg akkommodasie in Robertson, Wes-Kaap

Die Laaitjie lê weggesteek in die berge, aan die voet van Arangieskop, omtrent 7 km van Robertson op die Dassieshoekpad. Die oord is op 330 ha met fynbos, staproetes, watervalle, rotspoele en vier damme – ’n paradys vir voëlkykers. Dié gebied is ook gewild onder plaaslike landlopers en bergfietsryers wat lief is vir die ongerepte natuur in die berge.

Die ongewone naam van die oord kom uit die dae toe die grootste deel van hierdie gebied in een familie se besit was. Die Laaitjie was die kleinste plaas en die laaste in die ry en het sy naam gekry uit ’n ou aan-aanspeletjie waar die prys in ’n klein laai versteek is.

Die herehuis het drie en suite-dubbelslaapkamers, een en suite-slaapkamer met twee driekwartbeddens, ’n kombuis, twee sitkamers, ’n TV-kamer en twee kaggels. Die swembad by die hoofhuis is op die veranda en is nie omhein nie.

Lees meer hier: https://www.dielaaitjie.co.za/

Derde prys - Karoo Theatrical Hotel: Een nag by die Steytlerville Follies ter waarde van R2 520

Elke Saterdagaand gons dit van opwinding in Steytlerville se Grimaldi-teater wanneer gaste op ’n heerlike driegangmaaltyd van outentieke Karoo-kos saam met ’n gesofistikeerde en glansryke kabaretvertoning getrakteer word. The Steytlerville Follies word aangebied deur die virtuose pianis Freddy Ferrari en die legendariese fopdosserdiva van die Karoo, Dame Leyla Lamborgini.

Hierdie pakket vir ’n romantiese Saterdagwegbreek sluit in: een nag se akkommodasie in ’n sogenaamde Superior-kamer, skemerkelkies met happies, ’n spesiale driegangmaaltyd in ’n betowerende ruimte en die gewilde kabaret – The Steytlerville Follies – wat afgesluit word met ’n kaasbord, ’n glas Cape Ruby en koffie. Die prys sluit ook ’n buffet-ontbyt op Sondagoggend in.

Bykomende drankies en vervoer is nie by die pakket ingesluit nie.

Lees meer hier: https://www.karroohotel.co.za/