Logo

Skryf in vir die Kompetisie

Ons La’t Wiel nou al behoorlik vir ’n asemrowende dertig seisoene lank! En om dit te vier, gaan ons tien gelukkige La’t Wiel kykers vir ’n spin vat wat hulle nooit sal vergeet nie!

kykNET_Lat_wiel_Kompetisie_960x640_image

Wen 'n onvergeetlike La't wiel- ervaring!

Jy staan die kans om saam met Hannes, Waldo en ’n paar van die vorige La’t Wiel aanbieders ’n dag van spoed, adrenalien en hoë oktaan te beleef by die Zwartkops renbaan buite Pretoria, Johannesburg danksy Toyota se Advanced Driving Academy!

Elke gas sal ’n sportmotor om ’n volwaardige renbaan bestuur, leer hoe om ’n motor op ’n glybaan te hanteer en dan saam met Hannes vir ’n hot lap te gaan!

Kyk La't wiel weekliks, Dinsdae om 17:30, en beantwoord 'n eenvoudige vraag om kans te staan om 'n onvergeetlike La't wiel- ervaring te wen. 

Jy kan slegs 5 keer in skryf en die kompetisie sluit 2 Julie om 12:00.