Logo

Skryf in by die Kompetisie

Skryf nou in vir Nes op sy bes en staan 'n kans om jou huis te omskep deur items te gebruik wat jy tans besit!

Showpage Billboard 1600x800

Nes op sy bes

Nes op sy bes is ’n leefstyl-realiteitsreeks wat mense help om op ’n slim manier hulle huis te verander deur dit wat hulle alreeds het te verkoop om geld te kry daarvoor. Weens Covid-19 het almal se lewens op verskeie maniere verander die afgelope jaar en die grootste probleme is gewoonlik geheg aan finansiële druk. Nou meer as ooit het mense nie geld om op luukse items te spandeer nie, maar tog, wil ons nogsteeds ons huise mooi en funksioneel maak. Wat ons wel het, is ’n huis alreeds gevul met waardevolle items, wat as dit verkoop word, ons toelaat om wel die nuwe goed in ons huis te kan bekostig. Die vraag is net, is jy bereid om van jou sentimentele goedere ontslae te raak? Candice en haar span is hier om plek te maak vir jou nuwe, netjiese Nes op sy bes!