Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Verpleegsters Seg 1 - Prontuit

Video
21 September

Florence Nightingale,die moeder van moderne verpleeging, het tydens die die Krimoorlog gesê: “Gee my komberse, kos en medisyne. Gee my meer hulp. Ek gee nie om vir julle sisteme en regulasies nie, maar ek gee om vir die gewondes en die siekes.” Sedert die eerste Covid-19-geval in Maart verlede jaar en drie vlae van die siekte, wat byna 90 000 lewens gekos het was mediese personeel deurgaans aan die voorpunt van die geveg. Veral verpleegsters was dikwels die onbesonge helde en het veelvuldige rolle aangeneem - as beraders, vertrouelinge en die skakel tussen die bekommerde gesin en die pasiënt, wat baie keer nie besoek mag ontvang het nie. Hulle het voor geveg, veg steeds voort, ten spyte van hul eie vrese en afgematheid. * Kyk Prontuit Maandagaand 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en op DStv Catch Up.