kyknet channel logo

Silwerskermfees: Bloedson EPK

Video09 Oktober

In die vroeë 1900's het twee broers kant gekies in ʼn bitter oorlog. Dirk glo bo alles in die Boere se reg tot vryheid en wil weer aansluit by die kommando om verder te veg. Brink wil hom egter uitlewer aan die Kakies en laat hang vir oorlogsmisdade. Terwyl die bloedvete uitspeel in ʼn verlate bos word die broers se donker geheime en ware motiewe onthul. Alles verander egter as hulle afkom op ʼn onskuldige meisie wat skynbaar aan hondsdolheid lei. Min weet die broers die regte oorlog het nou eers begin... ʼn Oorlog teen die bloeddors van die dooies. Met Wilhelm van der Walt, Jacques Theron, De Klerk Oelofse, Pierre Theron en Karli Heine. Bloedson wys Woensdag 28 Augustus om 13:30 by die Silwerskermfees by The Bay Hotel in Kampsbaai. Dit word vertoon in die Rotunda lokaal. Wees deel van kykNET se Youtube kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek www.kyknet.co.za kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!