Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Landskap – Art Deco, Jeffrey Cole

Video
11 Junie

Art Deco is ‘n boustyl wat meestal tydens die 1930’s ‘n groot invloed op Suid-Afrikaanse argitektuur gehad het. Maar hierdie pragtige geboue is dikwels in die ou sentrale sakegebiede van dorpe en stede geleë en is deesdae vervalle. Springs is al Suid-Afrika se Art Deco hoofstad genoem en ons het vroeër die week ‘n draai gaan maak om uit te vind wat die inwoners van die ou geboue in die middestad dink. Jeffrey Cole, Art Deco-entoesias en argitek in Johannesburg, gesels verder hieroor. Wees deel van kykNET se Youtube kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek www.kyknet.co.za kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!