Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Boks - Segment 1, 4 September 2017

Video
05 September

Na die boksgeveg tussen Floyd Mayweather en Conor McGregor is boks weer op almal se lippe. Dié multimiljoen dollar geveg, wat Mayweather gewen het, staan egter in skrille kontras met boksklubs in Suid-Afrika wat sukkel om kop bo water te hou. Dié klubs, wat veral kinders uit agtergeblewe gebiede ophef, slaag uitmuntend daarin om kinders wat met min hoop groot word, hoop te gee. In Suid-Afrika is daar duisende kinders wat elke dag hul bokshandskoene, hoe verslete ookal, aantrek en werk maak van hul drome om eendag ook soos Mayweather, Mike Tyson, Corrie Sanders en Baby Jake Matlala as professionele boksers in die kryt te klim. Hugo van Niekerk van Munsieville, ‘n township buite Krugersdorp, het ‘n paar maande gelede begin om die kinders van dié buurt te leer boks. Die Prontuitspan het ‘n dag saam met die aspirant-boksers deurgebring. Wees deel van kykNET se Youtube kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!
Jy sal ook hiervan hou