Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit 11 Junie: Lyfstraf - Segment 3

Video
12 Junie

Prontuit 11 Junie: Lyfstraf - Segment 3 ‘n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt. Hoe waar is die idoom wat jare lank deur ouers en onderwysers geglo en toegepas is? Die werklikheid het verander in 1996 toe lyfstraf in skole amptelik verbied is en in 2017 het die Noord-Gautengse hooggeregshof bevind lyfstraf nie net in skole onwettig is nie, maar ook in private huishoudings. Professor Erik Holm skryf in ‘n onlangs rubriek: “In ’n 1940-peiling van 14-jariges se dissiplineprobleme het die onderwysers gelys: raas, praat in klas, kougom kou, in gange hardloop, kleredrag, rommel rondgooi. In 1990 is die peiling herhaal en die probleme was: alkohol, dwelms, verkragting (!), roof, aanranding, selfmoordpogings.” Wat is die alternatief vir lyfstraf? Op Prontuit gesels ons met dr. Jaco Deacon van FEDSAS, Naomi van Wyk ’n kliniese sielkundige en Carina van Vuuren ’n opvoedkundige sielkundige oor lyfstraf. Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!