Plaasjapie: Só werk die reeksDaar het jy dit: 16 rou stadsjapies wat hul aktetasse, netjiese uitrustings, besige skedules en meer agterweë laat om aan hul brandende behoefte om meer oor die plaaslewe te leer, te voldoen. Natuurlik is die R1 miljoen-prysgeld ook glad nie te versmaai nie. Weet hierdie rou stadsjapies werklik hoe die koring van die kaf geskei word? En gaan daar dalk van die prysgeld opgeoffer word in die proses?