Diere is nie net troeteldiere nie – hulle is deel van ons gesinne, ons harte en ons daaglikse vreugde. Die splinternuwe kykNET-reeks, Pootpraktyk, wat Saterdag 11 Oktober om 18:30 begin, gee ’n unieke kykie agter die skerms van die bekende Valley Farm-dierehospitaal.