Logo

Amptelike Lokprent - Vuil Wasgoed

Video
20 Augustus

Wim en Kevin werk in ‘n wassery. Hul kikker hul armsalige vervelige lewens op deur saans hul kliënte se gewasde klere aan te trek en partytjies te crash. Hul gee die klere die volgende dag eenvoudig net terug en gaan aan asof niks gebeur het nie. Dis maklik. Dis goedkoop. Dis cool. Een dag bring ‘n misterieuse man sy pak in om skoongemaak te word. Kevin soek ‘n pak wat sy oogappel, Niki, sal beindruk by ‘n formele funksie. Hy besluit die pak sal die ding doen, trek hom aan en by die partytjie probeer hy sy move te maak… net toe ontdek hy ‘n koue afgekapte vinger in die baadjie se sak. Hy en Wim skarrel terug wassery toe, net om te ontdek dat die misterieuse man hulle inwag… met ‘n snoeiskêr….