Logo

Werkersbrood

08 November

4 porsies

5

Soos gesien in Terwyl ek wag

WERKERSBROOD – Terwyl ek wag
Bestanddele

Sous

1/2 koppie Olyfolie

2 teelepels Franse mosterd

1 eetlepel Heuning

1 suurlemoen Se skil en sap skil - fyngerasper

1 teelepel Gedroogde basiliekruid

2 Knoffel fyngekap

Toebroodjies

6 eetlepels Druiwepitolie

8 snye Ciabatta

1 Eiervrug in dun skywe gesny

Seesout

2 Rooi soetrissies ontpit en in repe gesny

2 Vinkelballe in dun repies gesny

4 Eiers hard gekook

Swartpeper grofgemaal

16 jong Spinasieblare

Metode

Sous
Klits bestanddele saam en laat staan vir te minste 30 minute

Toebroodjies

  • Verhit 2 eetlpl olie in riffelpan
  • Braai 4 snye brood net aan een kant tot goudbruin, herhaal
  • Plaas brood op werksoppervlak met gebraaide kante na onder
  • Verhit 2 eetlpl olie in dieselfde pan en braai eiervrug paar minute aan elke kant tot gaar, maar ferm, verwyder uit pan en geur liggies met sout en peper
  • Gooi ekstra olie in pan en braai soetrissie tot swart merke verskyn aan albei kante, verwyder uit pan en geur liggies met sout
  • Gebruik lepel en smeer snye brood aan ongebraaide bokante met sous
  • Plaas 3 snytjies eiervrug op 4 van die snye brood
  • Plaas repe soetrissie bo-op, bedek met vinkel
  • Sny eiers in dwarsste in skywe, plaas bo-op, geur met sout en peper
  • Plaas 4 spinasieblaartjies bo-op elke laag eier
  • Bedek met oorblywende 4 snye brood, gebraaide kante na bo
  • Draai toe in bakpapier

Gewildste Resepte