Logo

Vrieskastert

04 Januarie

4 Porsies

Gebak

4

Kry die resep vir dié vrieskastert, soos voorberei in Edik van Nantes 2, hier.

EVN_Ep13_vrieskastert2-1
Bestanddele

Kors

1 k gerasperde klapper

½ k dadels

½ k okkerneute

½ k amandels

4 e onversoete kakao

½ t vanielje-ekstrak

Vulsel

2 k klappermelk

1 k grondboontjiebotter

3 e heuning

knippie sout

½ t vanielje-ekstrak

Metode

 

  1. Plaas al die korsbestanddele in 'n elektriese menger en pols tot fyn.
  2. Bedek die bodem van 'n 22 cm-tertbak met bakpapier en druk korsmengsel op bodem.
  3. Plaas in die yskas.
  4. Klits die klappermelk en grondboontjiebotter saam tot goed gemeng.
  5. Voeg die heuning, vanielje en sout by en meng deeglik.
  6. Verwyder die kors uit die yskas en bedek egalig met die vulsel.
  7. Plaas in die vrieskas vir 3 ure.
EVN_Ep13_appelvla_tert-1
Edik van Nantes Kie About
2017-01-04

Tarte Normande

Gewildste Resepte