Logo

Vispastei

30 November

4 Porsies

Seekos

2

Probeer gerus hierdie vispastei, soos voorberei tydens ’n episode van Edik van Nantes 2.

EVN2-Ep08-VISPASTEI-1
Bestanddele

1 kg witvis

250 g broccoli

2-3 preie

50 g meel

500 ml room

2 e mosterd

2 knoffelhuisies

120 g botter

2 e gekapte dragon

6-8 felle filodeeg

seesout

grofgemaalde swartpeper

Metode

 

  1. Smelt helfte van botter in pot of pan, voeg preie en knoffel by.
  2. Braai vir 4 minute.
  3. Meng die vis en meel sonder om die vis te breek.
  4. Voeg die vismengsel by die preie asook die mosterd, room, dragon en broccoli.
  5. Meng versigtig en braai oor lae hitte vir 3 minute.
  6. Plaas die vis- en groentemengsel in oondbak.
  7. Geur met sout en peper.
  8. Smelt res van die botter en verf velle filo een-een aan beide kante.
  9. Bedek die vismengsel met die deegvelle in konsertina-vorm, sny onnodige stukke af.
  10. Bak in oond vir 30 minute teen 180˚C.
Die-GROOT-Ontbyt-1-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-28

Beskuit met sade en Vark-en-appelslaai

Gewildste Resepte