Logo

Tuisgemaakte skons met moerbei-konfyt

28 September

12 Skons

Gebak

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt is daar gewys hoe om tuisgemaakte skons met heerlike moerbei-konfyt voor te brei.

Die-GROOT-Ontbyt-1
Bestanddele

Moerbei-konfyt:

500 g moerbeie

500 g suiker

1/2 suurlemoen versap

Skons:

500 ml koekmeel

15 ml bakpoeier

2 ml sout

50 g botter

1 eier

125 ml melk

Metode

 

Vir die skons:

  1. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
  2. Klits die eier en melk saam en sny dit in die droë bestanddele in. Meng saam.
  3. Rol of druk 12 sirkels van 15 tot 20 mm dik uit. Gebruik ’n mes of koekiedrukker hiervoor.
  4. Bak in oond teen 200 °C vir 10 tot 12 minute.

Vir die moerbei-konfyt:

  1. Verwyder al die takkies vanaf die moerbeie en plaas in ’n groot pot.
  2. Verhit oor medium-hitte en kneus die moerbeie.
  3. Bring tot kookpunt en voeg suiker en suurlemoensap by.
  4. Verlaag hitte en roer die mengsel totdat die suiker oplos.
  5. Bring weer tot kookpunt (102 °C), plaas in bottels en seël.
  6. Stoor in koel, donker area – dit kan gestoor word vir sowat twee jaar.
Die-GROOT-Ontbyt-3
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-26

Botterboon-happies

Gewildste Resepte