Logo

Tropiese Trifle

11 Desember

Lewer 8–10 porsies

Gebak

1

Hierdie heerlike, tropiese trifle het iets van alles in. Dis mos wat ’n trifle is – baie verskillende dinge wat uiteindelik goed saamwerk.

2
Bestanddele

Vir die sponskoek:

50 g botter, gesmelt

185 ml suiker

250 ml koekmeel

3 eiers

10 ml bakpoeier

Vir die trifle:

30 g vlapoeier

55 g strooisuiker

2,5 ml vanieljegeursel

375 ml melk

2 x 40 g pakkies framboos-jellie

250 g van die sponskoek, in 3 cm-blokkies gesny

60 ml vars uitgedrukte lemoensap

200 g aarbeie, gehalveer

1 mango, geskil en in skywe gesny

3 kiwivrugte, geskil en in skywe gesny

1 x 400 g blik ingelegde appelkose, gedreineer

300 ml room

30 ml amandel-vlokkies, gerooster

Metode

Tip: Die sponskoek kan met ’n gekoopte konfyt-rol of boudoir

beskuitjies (ladyfingers) vervang word.

Vir die sponskoek:

Voorverhit die oond tot 190°C. Smeer 2 ronde 18–20 cm koekpanne (net die bodems, nie die kante nie) en voer met bakpapier uit.

Plaas die botter, suiker, meel en eiers in ’n mengbak en klits teen stadige spoed om te meng. Klits dan vir 3 minute teen vinnige spoed.

Roer die bakpoeier by.

Gooi die beslag in die bereide koekpanne. Bak 15–20 minute of tot die koek terugspring as jy liggies daarop druk.

Laat 5 minute in die panne staan en keer dan uit op ’n draadrak.

Vir die trifle:

Meng die vlapoeier, suiker en geursel met ’n bietjie van die melk in ’n klein kastrol.

Roer die res van die melk by. Roer die mengsel oor matige hitte tot dit begin kook en verdik.

Bedek die bokant van die vla met kleef-plastiek en verkoel.

Maak die jellie aan soos die aanwysings op die pakkies en giet in ’n vlak houer. Verkoel totdat die jellie amper gestol is.

Rangskik die koek-blokkies in ’n 3 liter-glasbak en bedruip met die lemoensap.

Giet dan die jellie wat net amper gestol is oor die koek en verkoel vir 15 minute.

Rangskik die vrugte bo-op – hou ’n bietjie van die kiwi-skyfies eenkant vir versiering.

Meng ⅓ van die room met die vla en giet dit oor die vrugte.

Klop die res van die room styf en skep in hopies op die vla.

Plaas ’n paar skyfies kiwi tussen die hopies.

Sprinkel die amandel-vlokkies oor.

Verkoel vir 3 uur lank of oornag.

3
Suidooster Poster2
2019-12-11

Oondegebraaide skaapboud met braaiaartappels

Gewildste Resepte