Logo

Stokvis met gapermossels

23 November

2 Mense

Seekos

5

Probeer gerus hierdie resep vir stokvis met gapermossels, soos voorberei in ’n episode van Edik van Nantes 2.

EVN2-Ep07-STOKVIS-1
Bestanddele

400 g stokvis

12 gapermossels

2 knoffelhuisies

1 e fyngekapte pietersielie

½ t brandrissie

2 e meel

100 ml witwyn

olyfolie

kaviaar

Metode

 

  1. Verhit ongeveer 4 eetlepels olyfolie in 'n pan, voeg die knoffel en brandrissie by en prut oor matige hitte vir 1 minuut.
  2. Voeg meel by en roer tot 'n “room” vorm, ongeveer 1 minuut.
  3. Voeg witwyn by en roer.
  4. Die mengsel behoort redelik vloeibaar te wees, voeg water by indien benodig.
  5. Geur vis met sout, plaas in pan en sit deksel op.
  6. Kook vir ongeveer 4 minute, afhangende van die dikte van die vis.
  7. Draai vis versigtig om, voeg gapermossels en pietersielie by en bedek weer.
  8. Kook vir 2 minute tot die gapermossels oop is.
  9. Bedien met kaviaar.
EVN2-Ep07-GROENTESLAAI-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-23

Gestoomde groenteslaai

Gewildste Resepte