Logo

Sjef Suzanne se “whoopie pies” met grondboontjiebotter-versiersel

09 September

12 Koekies

Gebak

4

Kry die resep vir sjef Maritha Steyn se whoopie pies, wat sy tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt voorberei het, hier.

Die-GROOT-Ontbyt-4-1
Bestanddele

Koekies:

125 sagte botter

180 ml bruinsuiker

1 eier

5 ml vanielje-ekstrak

5 ml bakpoeier

125 ml kakao

500 ml koekmeel

250 ml melk

Versiersel:

125 ml sagte botter

125 ml grondboontjiebotter

500 ml versiersuiker

Metode

 

  1. Voorverhit teen 180 °C.
  2. Klits botter en suiker baie goed saam.
  3. Voeg eier, vanielje en bakpoeier by en klits goed .
  4. Gooi kakao in en klits goed.
  5. Voeg meel en melk geleidelik by en klits tot goed gemeng.
  6. Skep deeg in spuitsak en spuit 5 cm-grootte sirkel op ‘n gesmeerde bakplaat.
  7. Bak vir sowat 10 tot 15 minute of tot koek gaar is.
  8. Laat heeltemal afkoel.

Vir versiersel:

  1. Klits botters goed saam.
  2. Voeg gesifte versiersuiker by.
  3. Voeg ‘n paar druppels koue water by as mengsel nie romerig genoeg is nie.
  4. Spuit die versiersel op eenkant van koekie en maak toe sodat dit soos ‘n toebroodjie lyk.
ipp
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-09

Somerdrankie

Gewildste Resepte