Logo

Wessels se oliebolle

13 Mei

12 Oliebolle

Gebak

4

Die Koekedoor Wessels het die geure van gunstelinge soos “fireballs”, souskluitjies en stollen, Duitse Kerskoek, in oliebolle omskep.

Koek-Resep-Wessels-Olie-1
Bestanddele

300 ml water

450 ml karringmelk

3 eiers

200 g suiker

150 g botter

20 g kitsgis

10 g sout

1,5 kg koekmeelblom

5 ml kaneel

2 ml neutmuskaat

2 ml kardemom

“Fireballs”

50 ml room

50 g candymelts

50 ml Fireball-likeur

Brandewynstroop

150 g suiker

250 ml water

50 ml brandewyn

Marsepein

90 g strooisuiker

90 g versiersuiker

1 eier

3 ml amandelekstrak

30 ml brandewyn

175 g amandelmeel

Stollen-deeg

100 ml vrugtekoekmengsel

50 ml brandewyn

versiersuiker (gesif, vir rol)

Wit glasuring

50 ml room

150 g witsjokolade

10 ml kaneel

Metode

Spaanhegstuk

  1. Week vrugtekoekmengsel in brandewyn.
  2. Klits water, karringmelk, eiers, suiker en gesmelte botter saam.
  3. Meng 250 ml van die meel met die suurdeeg en klits by melkmengsel.

 

Deeghandstuk

  1. Sif meel en sout en speserye. Knie res van meel by die melkmengsel tot hanteerbare deeg vorm. Bedek met kleefplastiek. Laat rys tot dubbel in volume – so 30-40 min. en knie af.
  2. Sny ’n stuk van die deeg af en knie die geweekte vrugtekoekmengsel by.
  3. Rol plat (5 mm) en druk sirkels uit die deeg en laat hulle op waspapier uitrys.
  4. Rol res van deeg (sowat 12 mm).
  5. Druk doughnuts uit res van die gewone deeg en laat ook op waspapier rys. Hou die middelste dele (proppies).
  6. Bak so 2-3 min. per kant in warm olie (180 °C) en draai een keer om wanneer dit goudbruin onder is.
  7. Dreineer op absorberende papier.
  8. Doop die ring-doughnuts in die wit kaneel-glasuring en die olie-proppies in die “fireball”-glasuring.
  9. Plak van die vrugtekoek-doughnuts aanmekaar met marsepein en rol dan in gesifte versiersuiker.

 

Brandewynstroop

  1. Los bestanddele oor lae hitte op, bring tot kookpunt en kook vir ’n minuut. Hou eenkant.

 

Wit glasuring

  1. Verhit die room en kaneel in ’n dubbelkoker en smelt die sjokolade daarin.

 

“Fireballs”

  1. Verhit room en smelt ‘candymelts’ daarin. Roer likeur by.

 

Marsepein

  1. Klits eier en suiker saam in ’n dubbelkoker tot al die suiker opgelos het (oor lae hitte), en dit dik, lig en romerig is.
  2. Roer amandelmeel, geursel en brandewyn by en knie tot dit ’n hanteerbare “klei” maak.


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Koek-Resep-Corli-Olie-1
Corli se oliebolle
2016-05-13

Corli se oliebolle

Gewildste Resepte