Logo

Tara se pretzels

04 Junie

8 Pretzels

Gebak

4

Koekedoor se Tara se pretzels bevat geure van pomelo, kappertjies en wasabi. Kry haar resep hier.

Koekedoor_Tara_Pretzels-1
Bestanddele

Mascarpone-en-kappertjie-smeer:

230 g mascarpone

10 ml kappertjies

suurlemoenskil

10 ml wasabi-pasta

Pomelo-sout:

30 ml sout

2 pomeloskille

Pomelo-stroop:

50 g suiker

60 ml water

100 ml pomelosap

Pretzels:

1.5 k bier

7 g kitsgis

15 ml suiker

7.5 ml sout

4.5 k meel

60 g botter

10 k water

160 ml koeksoda

1 eiergeel

Metode

Pretzels:

  1. Gooi die bier in 'n maatbekeer. Gooi gis en die helfte van die suiker by die bier. Laat staan vir sowat vyf min.
  2. Plaas die meel, sout en oorblywende suiker in 'n mengbak.
  3. Gooi die gismengsel in die mengbak van 'n staanmenger met deeghaak en voeg die meelmengsel en gesmelte botter by.
  4. Meng die deeg op lae spoed tot goed bestandele goed kombineer.
  5. Verhoog spoed tot medium en meng vir sowat vier tot vyf minute tot die deeg wegkom van die kante van die mengbak.
  6. Verwyder die deeg van die mengbak, smeer die bak met ‘n dun lagie olie en sit die deeg terug in die bak.
  7. Maak toe met kleefplastiek en laat rys tot dubbel die volume – ongeveer ‘n uur.
  8. Verhit die oond teen 220 °C. Berei oondpanne voor, gesmeer met botter.
  9. Kook die 10 koppies water in ‘n pot water en voeg die koeksoda by.
  10. Intussen, plaas die deeg op ‘n werkoppervlak, liggies gesmeer met olie.
  11. Sny die deeg in agt stukke. Rol elke stuk deeg met vingerpunte om ‘n lang tou te vorm – ongeveer 35 tot 40 cm lank.
  12. Maak ‘n U-vorm en neem die punte van die tou, draai dit om mekaar en druk dit aan die onderkant van die U vas in die vorm van ‘n pretzel.
  13. Plaas die pretzels op die gesmeerde oondpanne.
  14. Doop die pretzels een vir een in die water vir sowat 30 sekondes. Verwyder van die water en plaas terug op die oondpan.
  15. Borsel die pretzel eers met die pomelo-stroop, dan ‘n tweede laag van eier-en-bier-mengsel en sprinkel met die pomelo-skil-sout.
  16. Bak tot goudbruin vir sowat 12 tot 14 minute.
  17. Plaas op afkoelrak vir ten minste vyf minute.

 

Pomelo-stroop:

  1. Plaas al die bestanddele in ‘n klein pot. Plaas op stoof tot kookpunt bereik word. Kook tot ‘n stroop vorm.

 

Pomelo-sout:

  1. Meng die sout en pomeloskil saam en plaas eenkant tot gereed om te gebruik.

 

Mascarpone-en-kappertjie-smeer:

  1. Meng al die bestanddele saam.
  2. Voeg sout en peper by na smaak en bedien saam met pretzels.

 


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte