Logo

Tannie Elizabeth se kaasbotterbroodjies

12 Botterbroodjies

Gebak

3

Kry die Koekedoor-beoordelaar tannie Elizabeth se heerlike kaasbotterbroodjie-resep hier.

Koek-Elizabeth-Botter-1
Bestanddele

500 ml koekmeel

20 ml bakpoeier

5 ml mosterdpoeier

knippie sout

knippie rooipeper

15 ml suiker

250 ml sterk cheddarkaas

80 ml botter

1 eier

100 ml melk

eier (vir glasuursel)

Metode
  1. Voorverhit die oond teen 200 °C.
  2. Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter in. Voeg nou die kaas by en meng goed.
  3. Klits die eier en melk saam en sny dit in die droë bestandele in met n mes.
  4. Druk die deeg liggies plat (ongeveer 2 cm) en druk ronde vorms uit (maak dit ongeveer 6 cm in deursnee).
  5. Plaas op ’n bakplaat en verf met die eier en melkglasuursel. Bak tot deurgaar – ongeveer 15 minute.


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte