Logo

Sanet se onthulkoek

17 Junie

4 Porsies

Gebak

Die Koekedoor Sanet se onthulkoek word geïnspireer deur ’n rympie. Kry die resep vir haar koek hier.

Koekedoor_Sanet_Onthulkoek-1
Bestanddele

Botter-versiersel:

250 g botter

500 ml versiersuiker

5 ml vanielja

60 ml melk

Harde versiersel:

2 eierwitte

400 g versiersuiker

10 ml suurlemoensap

Kasjoeneut-en-Oreo-botter:

200 g kasjoeneute

45 ml grondboontjie-olie

7 koekies Oreo

50 g witsjokolade

60 ml grondboontjies

Koekies:

220 g botter

250 ml versiersuiker

1 eier

5 ml vanielje

625 ml koekmeel

2 ml sout

Sjokoladekoek:

500 ml kookwater

250 ml kakaopoeier

9 eiers geskei

750 ml suiker

knippie sout

10 ml vanielje

300 ml olie

950 ml koekmeel

30 ml bakpoeier

Sous:

150 ml Ideal-melk

125 ml suiker

5 ml vanielje

Metode

Vir die sjokoladekoek:

  1. Voorverhit oond teen 180 °C.
  2. Voer vier 23 cm losboompanne met bakpapier uit en spuit die kante.
  3. Meng kookwater en kakao tot opgelos en laat afkoel.
  4. Klits eiergele en suiker tot liggeel en romerig in bak van elektriese menger met spaanhegstuk.
  5. Voeg kakaomengsel, olie en vanielje by en klits tot gemeng.
  6. Sif koekmeel en bakpoeier in ’n mengbak en voeg eier en kakaomengsel by. Klits tot net gemeng.
  7. Klits eierwitte en sout styf en vou in by koekmengsel.
  8. Verdeel beslag tussen vier 23 cm panne en bak vir 25 minute.
  9. Gooi sous oor koek terwyl dit nog warm is. Laat afkoel.
  10. Sny gate in twee van die koeke waar die koekies kan inpas (sowat 8 cm).

 

Vir die harde versiersel:

  1. Klits eierwitte tot skuimerig in ’n mengbak van elektriese menger met draadhegstuk.
  2. Voeg versiersuiker lepel vir lepel by en klits tot glad en stywe punte vorm (sowat vyf minute).
  3. Meng suurlemoen by.
  4. Kleur met Rolkempoeiers. Gebruik ’n spuitsak en skryf op koekies. Gebruik om baba-blokkie aanmekaar te sit en daarop te skryf.

 

Vir die sous:

  1. Verhit alle bestanddele saam oor mediumhitte en meng tot suiker opgelos is.

 

Vir die koekies:

  1. Voorverhit oond teen 180 °C.
  2. In ’n bak van ’n elektriese menger met die spaanhegstuk, room die botter en versiersuiker saam.
  3. Voeg eier by en klits tot goed gemeng.
  4. Voeg vanielje by en klits tot goed gemeng.
  5. Sif meel en sout saam. Voeg bietjies op ’n slag by terwyl jy op lae spoed klits.
  6. Sny vierkante van 9 x 9 cm groot, ronde koekies van 7 cm en driehoeke vir vlaggies.
  7. Bak vir sowat 10 minute en laat afkoel.
  8. Versier met harde versiersel of sjokolade.

 

Vir die botter-versiersel:

  1. Klits botter tot sag.
  2. Voeg versiersuiker, melk en vanielje by en klits tot gemeng en romerig.
  3. Kleur met Rolkempoeiers.
  4. Voeg 25 ml kakao by vir sjokolade versiersel.
  5. Vou kasjoeneut-botter by vir middel van lae.

 

Vir die kasjoeneut-en-oreo-botter:

  1. Plaas kasjoeneute en olie in die voedselverwerker en maak fyn tot pasta vorm.
  2. Voeg Oreo-koekies, grondboontjies en sjokolade by – pols tot gemeng.
  3. Verkoel effens.

 


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte